Landelike veiligheid
278 subscribers
165 photos
94 videos
15 files
746 links
Hierdie groep vra geen intekenfooi nie. Hier praat ons oor veiligheid, nie oor politiek of ander ouens se planne teen ons nie maar spesifiek oor self beveiliging. Ons sal praat oor geloof, Geloftedag, Christenskap en gebed
Download Telegram
Vrydag 19 April 2024

Goeiemôre

Ons is besig om gereed te maak vir AfriForum se eerste nasionale patrollie wat vanaand plaasvind. Die doel van hierdie patrollies is veelvuldig, onder andere om gemeenskaps samewerking te bevorder en om misdaad landwyd te onderdruk.

Hoewel hierdie 'n uitstekende inisiatief van Afriforum se kant is, is dit nie genoeg nie. Ons gemeenskappe moet voortbou op hierdie geleenthede om ons omgewing veiliger te maak. Ons kan onmoontlik nie verwag dat een patrollie elke 3 tot 4 maande ons areas moet beveilig nie.

Afriforum skep met hierdie geleenthede 'n wegspringpunt vir gemeenskappe vanwaar daar dan gebou en gegroei kan word. Ek wil mense aanmoedig om by hierdie tipe geleenthede betrokke te raak, sluit aan by organisasies wat hierdie tipe geleenthede aanbied, wat opleiding verskaf en wat ook logistieke en administratiewe rugsteun aan gemeenskappe bied.

Uiteindelik is dit steeds die gemeenskap se plig en verantwoordelikheid om betrokke te raak, om self geleenthede soos patrollies, misdaadvoorkoming en inligting gedrewe aksies te hou.

Daar is nie, en was ook nog nooit 'n "hulle" wat dinge vir "ons" gedoen het nie, dit was nog altyd ons wat by organisasies soos die weermag, komando, polisie betrokke moes wees. Ons het ongelukkig toegelaat dat hierdie organisasies verval omdat ons nie wou baklei om daarin toegelaat te word nie. Vandag pluk ons die vrugte van staats verval, swak dienslewering en uiteindelik ook dan nou die groeiende misdaadprobleem.

Ons regering het intussen, in hul pogings om wet en orde te probeer onderhou, 'n horde soms onsinnige en soms onuitvoerbare wette ingebring wat steeds geen effek het nie want daar is niemand om hierdie reëls en regulasies toe te pas nie.

Ons kan, deur aktief betrokke te raak in ons gemeenskappe, die wette wat wel werkbaar is tot ons voordeel gebruik om 'n veiliger omgewing te skep. Dit moet net binne die raamwerk van die wet bly. Ons grondwet maak voorsiening daarvoor dat ons dit mag doen. Ons moet net self weer ons hande uitsteek, betrokke raak en dinge begin doen.

As jy vanaand in 'n posisie is om dit te kan doen, gaan sluit asseblief by jou naaste Afriforum tak of buurtwag aan om 'n verskil te maak. Hierdie geleenthede is kosbaar en effektief.

Geseënde dag en naweek vir elkeen

Dawie Conradie
t.me/veiligheid101

Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Maandag 22 April 2024

More

Ek wil so effe afdwaal van die persoonlike veiligheid gesprek maar ek voel dit is ook belangrik om bietjie te gesels oor opleiding.

Meeste van ons ouer manne was op 'n stadium opgeroep vir diensplig maar nou moet mens onthou, verpligte diensplig is ongeveer 30 jaar gelede al afgeskaf. Dit laat ons met 'n groep mense wat steeds aktief kan wees maar nie oor die basiese kennis beskik om weerbaar te wees nie. Dit skep ruimte vir misdadigers en ander om aanvalle en misdaad te pleeg met min tot geen weerstand.

Vir hierdie rede is dit belangrik vir ons om in te skakel by en opgelei te word deur organisasies wat hul hoofdoel het om ons mense te bemagtig. Maar dit strek heelwat verder as net weerbaarheid opleiding. Dit strek ook na profesionele opleiding m.a.w sakelui, ambagsmanne en ook persone in die dienste sektor soos bv verpleërs en versorgers.

Hier kom organisasies soos Solidariteit, AfriForum ens tot hul reg. Solidariteit is reeds besig om 'n tweede Akademia kampus te beplan wat binnekort sy deure sal oopmaak, so ook Sol-Tech en die beplande hoërskool wat ook nog in die pyplyn lê.

Afriforum is besig met die opleiding van buurtwaglede en ook die daarstel van infrastruktuur om ons buurtwagte sterker te maak deur logistiese, wetlike en selfs mediese rugsteun.

Ek self is by Afriforum betrokke en hoewel die model ver van perfek is, is dit die enigste organisasie wat reeds vir meer as 'n dekade werk aan ons Afrikaanssprekende gemeenskap se toekoms.

Sonder om my voet te diep in die bemarkings poel te plaas voel ek tog dit is nodig om lede aan te moedig om by hierdie organisasies aan te sluit en ook betrokke te raak. Die opleiding is van hoë gehalte en gestandaardiseer. Hier kan jy alles leer van basiese noodhulp tot gevorderde huis penetrasie, self en gemeenskaps beveiliging en nog heelwat meer. Dit bied jou ook die geleentheid om self betrokke te raak by goed soos dienslewering waar ons munisipaliteite nie meer effektief funksioneer nie.

Afriforum finansier maandeliks etlike ton teer wat gebruik word om slaggate te vul en ander pad herstelwerk te doen. Daarmee saam is spanne deurlopend besig met die monitering van dienslewering en selfs betrokke by die verskaffing van sekere dienste waar stadsrade faal.

Is dit nie tyd dat ons almal maar daardie klein bedraggie elke maand aan so organisasie gee sodat ons as 'n kollektiewe groep kan veg vir ons eie behoud en voortbestaan nie?

Dawie Conradie
t.me/veiligheid101

Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Dinsdag 23 April 2024

Môre sê

Ons praat so gereeld hieroor en tog wil dit my voorkom mense luister nie lekker nie. Wanneer daar 'n storing op jou perseel voorkom, ongeag dag of nag, jy gaan nie alleen uit om ondersoek in te stel nie. Jy kry allereers hulp van buite in.

Ons sien so gereeld mense wat aangeval word omdat hulle hierdie een eenvoudige reel verontagsaam. Vreemde mense kom nie na jou hoewe of plaas sonder om vooraf 'n afspraak te maak nie. Die ou wat opdaag om te kom skaap of bees of hoender koop, is 'n verdagte, maak nou nie saak of hy swart, wit, pienk, pers of indigo blou is nie. Sonder afspraak is daardie persoon 'n verdagte en moet hy dienooreenkomstig behandel word.

Te veel mense het al hul lewens op hierdie wyse verloor en dit gaan nie ophou voor ons, ons naïwiteit gaan laat staan en gaan leer dat dit te gevaarlik is nie. Ons huidige veiligheids milieu is net doodeenvoudig nie geskik vir goedgelowigheid nie.

Selfs as iemand opdaag per afspraak is dit steeds 'n risiko maar dan het jy ten minste die voordeel dat jy versterkings kan reel vooraf. Wees ook versigtig dat jy nie elke keer dieselfde versterking reel nie. Daardie persoon kan ook net sowel 'n teiken wees en sy mense kan in die tyd wat hy by jou is aangeval word.

Dan is daar daardie sesde sintuig. Daardie stemmetjie wat jou vertel iets is nie pluis nie. Glo gerus daardie stemmetjie. Weereens het te veel mense al na die tyd gesê, " ek't so gevoel gehad maar nie geluister nie" of "pleks het ek maar geluister"

Wees liewer bang as dood. Vertrou jou sesde sintuig en al twyfel jy net een oomblik, kry versterkings in. Jou gesin, gemeenskap en werkers het jou nodiger as wat jy dink.

Ek kan ook nie genoeg klem op vroeë waarskuwing stelsels sit nie. Hoe vroeër jy bewus word van enigiemand se teenwoordigheid, hoe beter. Moenie 'n held probeer wees nie, sorg dat jou voorbereiding goed is en dat jy vroegtydig weet.

Wees versigtig, waaksaam en kyk gereeld oor jou skouer

Dawie Conradie
t.me/veiligheid101

Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Woensdag 24 April 2024

Môre

Die 5 reëls van tuis veiligheid

1 Maak seker jy sluit jou deure en hekke
2 Gebruik jou vroeë waarskuwing stelsels
3 Moenie jou huis verlaat om ondersoek in te stel nie
4 Wees betrokke in jou gemeenskaps veiligheid program
5 Bly op hoogte van gebeure om jou

Natuurlik is daar nog baie ander reëls, hierdie is die 5 basiese reels wat almal kan nakom

Dawie Conradie
t.me/veiligheid101

Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Donderdag 25 April 2024

More

Wyse man oom Salamo het een keer gesê " nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie handevou om te slaap, en daar kom jou armoede aangestap, daar oorval die gebrek jou soos 'n inbreker, sonder dat jy dit kan keer." (Spreuke 24 33 en 34)

Hoe waar is sy woorde nie? Van uitstel, kom gewoonlik afstel. Ons sal môre kyk na daardie alarm, of ons sal môre plan maak met daardie slot.

Maar maat, en wat as iemand vannag besluit om by jou huis aan te doen? Hoe lyk jy jou kind in die oë as jy weet jou pro-aktiewe optrede kon haar die smart en verwyt van verkragting spaar? Wat se jy vir jou seun wanneer sy moeder dood in 'n plas bloed lê? Hoe leef jy met jouself saam omdat jy nie 'n ander man se kind na die beste van jou vermoë kon beskerm nie?

Begin vandag nog, nou! Kry jou planne in plek, oefen jou gesin se reaksie en noodplanne in. Wees voorbereid op wat mag voorlê. Onthou dit is lankal nie meer 'n kwessie van as jy aangeval word nie, dit is meer 'n geval van wanneer jy aangeval word.

Ek hou nie van party politiek nie maar ek moet jou sê dat sekere partye lank reeds besig is om stemme te werf vir hierdie komende verkiesing. Ek wil ook vandag vir jou sê jy moet nie verbaas wees as jou volgende president werk toe kom in 'n rooi oorpakkie nie. Ek hou die manne al meer as 'n jaar lank dop en hulle werk letterlik hul agterstewe af vir hierdie verkiesing. Ek lig my hoed vir dit wat hul alles saggies onder ons neuse doen.

Is jy reg vir die rooi gety? Is jy reg vir wat mag kom sou hulle daardie kritiese 1 stem meer as die ander ouens het? Jy weet die Engelse se "better the devil you know than the devil you don't." So onaangenaam.en swak as wat die alliansie is, kies ek hulle steeds bo die oorpak brigade.

Maak vandag nog werk van jou veiligheid, raak vandag nog betrokke in jou gemeenskap, wees paraat, wees voorbereid, wees slim.

Tyd loop vinnig uit en dinge kan baie lelik wees oor twee maande van nou. Spyt kom altyd te laat, moenie spyt wees nie, wees voorbereid.

Dawie Conradie
t.me/veiligheid101

Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Vrydag 26 April 2024

More

Ons kry al meer mense wat "waarsku skote" afvuur. Dit het seker 'n plek maar dit skep ook sekondêre probleme wat nie noodwendig 'n positiewe nadraai het nie.

Op 'n tipiese laataand kry ons omtrent elke nag een of twee ouens wat sê "twee skote naby Piet se winkel" of "wie skiet? Is almal okay" soms antwoord iemand wat verduidelik hoekom daar skote klap, ander kere nie. Intussen besef die ou wat die skote afvuur nie dat hy sy vuurwapen adverteer vir die ouens wat in die mark is vir 'n onwettige wapen nie.

Die ou wat knaend waarsku skote skiet stel homself ook bloot deurdat hy uit gewoonte elke keer van dieselfde plek af vuur wat dit makliker maak om sy wapen te neem en dan ook raak misdadigers mak want die ou skiet elke keer maar tref niks.

Verder moet mens onthou dat sommige ouens nog nie die konsep verstaan van wat opgaan moet afkom nie. As jy dan werklik moet 'n waarskuwing stuur, skiet in die grond of 'n bekende veilige plek, bv 'n boom, in.

Beste is om so min as moontlik te skiet, moenie jouself blootstel aan moontlike vervolging nie. Wanneer jy 'n waarsku skoot afvuur vanuit jou huis, loop jy die risiko om wel iemand raak te skiet, ook die gevaar om aangekla te word vir die rig van 'n gevaarlike wapen.

Dink dus mooi voor jy sommer net skote wil afvuur.

Dawie Conradie
t.me/veiligheid101

Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Maandag 29 April 2024

More

Die Bybel leer ons dat daar 'n tyd en plek vir alles is. Dit sê ook dat ons God, 'n God van orde is. Ek het grootgeword in 'n huis waar orde en dissipline elke dag by ons ingedril is. My oorlede moeder was baie gesteld daarop dat daar orde en roetine moet wees.

Elke oggend opstaan, aantrek, bed opmaak, ontbyt eet, dag aanpak, take verrig, vanaand tuis kom, sekere dinge doen en dan die afsluiting van die dag waar mens seker maak jou deure is toe en gesluit, alarms is aan ens. Dit is seker vir sommiges vervelig om alles so oor en oor te doen maar, seker omdat ek so grootgeword het, pas dit my uitstekend.

Elke weermag maak ook staat op dissipline. Om die waarheid te sê, enige vorm van opleiding is eintlik maar net die aanleer van sekere dissiplines. Enige beroep, hoe onvoorspelbaar ookal, maak staat op orde vir die sukses daarvan.

Misdaad werk presies dieselfde, en wanneer mens die misdadiger se werk metodes begin ontleed kom jy baie gou agter dat selfs hulle orde en dissipline in hul werkwyse het. As jy dus gaan inligting insamel, gereeld tonele besoek en kyk hoe daar toegang verkry is, wat geneem is of hoe die misdaad dan gepleeg is, kom jy gou gou patrone agter. As jy dan verder gaan kyk en nog verder terug gaan begin navorsing doen kom jy ook agter dat hierdie ouens ook ander stappe het wat hulle deurgaan voordat hulle eens by die misdaad toneel aankom..

So sal hulle byvoorbeeld ook verkenning van die area doen, inligting oor die moontlike slagoffer inwin en dophou om jou patrone te bepaal. Hulle sal ook goed soos vervoer en dalk gespesialiseerde hulp inbring om bv by 'n sekere alarm of deurslot verby te kom.

So vir my en vir jou om meer pro aktief op te tree moet ons inligting hê oor die persoon of groep wat ons teister, ons moet ook besef dat hierdie persone hul metodes gereeld afwissel om ons van stryk te bring. Ons moet dus baie fyn begin oplet en leer, dophou, waarneem en inligting wat ons so inwin, verwerk tot die punt waar ons kan weet wat gaan volg.

Dit is dus uiters belangrik om inligting in te win.

Dawie Conradie
t.me/veiligheid101

Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Dinsdag 30 April 2024

More

Charles Darwin het glo gesê - "It is not the strongest or the most intelligent who will survive but those who can best manage change."

Die mens is baie aanpasbaar, kyk maar hoe vinnig mense aanpas na hy bv 'n ledemaat verloor het, of skielik van werk of blyplek moes verander. As jy nie verandering aanvaar nie en steeds hunker na dit wat jy ken en gehad het, raak jy dikwels verlore in die nuwe omgewing.

Ek sê egter nie jy moet by alles leer aanpas nie, inteendeel, dit sou dom wees om bv jou waardes en tradisies weg te gooi ter wille van aanpassing. Maar jy kan wel jou leefstyl aanpas om goed soos misdaad die hoof te bied.

As ons na die misdaad tendense oor die afgelope 10 jaar kyk sal jy sien dat daar heelwat nuwe planne aan die lig gekom het. Goed soos bv "spiking" ontvoering, mense roof is vandag baie meer prominent as wat dit 10 jaar terug was.

Met dit in gedagte vra ek dan die vraag, hoekom sal ek vandag steeds staatmaak op die vroeë waarskuwing en verdediging metodes wat ek 10 jaar terug in plek gesit het? Ons sou 10 jaar gelede nog baie alarm stelsels binne die huis gehad het, met ander woorde, verklikers wat jou in kennis stel dat iemand binne jou huis is. Oor die laaste klompie jare het die fokus weggeskuif van binne jou huis en fokus ons deesdae meer daarop om te weet wanneer die booswig my perseel betree.

So pas ons voortdurend aan terwyl die wat nie wil aanpas nie gewoonlik slagoffers word.

Ons kommunikasie metodes het ook oor die laaste 10 jaar ontwikkel, soveel so dat ons ongeveer 10 jaar gelede eers sosiale media soos Whatsapp begin ontdek het.

Facebook se rol verklein en al meer mense beweeg weg van Facebook af terwyl Whatsapp, telegram en dies meer ontwikkel tot meer kragtige en toeganklike vorme van kommunikasie.

Om dus te oorleef, moet jy bereid wees om aan te pas. Gaan bekyk jou stelsels en planne, is dit nog relevant vandag? Maak dit voorsiening vir die hedendaagse misdaad tendense? Indien nie moet jy ernstig begin kyk daarna om veranderings te maak.

Dawie Conradie
t.me/veiligheid101

Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Woensdag 1 Mei 2024

Goeiemôre

29 Dae van vandag af, staan ons hopelik in rye om te stem. In die volgende 29 dae kan baie dinge verander. Ons kan net bid dat dinge vreedsaam sal verloop maar, ons moet ook realisties wees en besef dat dinge baie skeef kan loop.

Hoe goed ons voorbereid is en hoe aanpasbaar ons gaan wees, gaan bepaal hoe maklik of moeilik ons deur die volgende paar weke en maande sal kom. Wat die eintlike verkiesing betref is daar 'n paar uitkomste elk met sy eie stel gevolge.

Die moontlikheid bestaan dat die verkiesing weereens sal wees soos voorheen met die regerende party wat weer 'n volstrekte meerderheid behaal. Dan is dit "business as usual" alles gaan aan soos nou, ja daar sal ongelukkigheid wees van ander partye maar ek vermoed dit sal tot 'n groot mate eers onderdruk word. Sou dit so gebeur dat geen enkele party die volstrekte meerderheid kan bereik nie, tree die koalisie opsie in werking. Dan sal die partye wat besluit om in koalisie te gaan 14 dae hê om hul koalisie aan die gang en reg te kry.

Met dit in gedagte kan mens seker aanvaar dat die volgende 6 tot 8 weke redelik interressant sal wees en dat ons heelwat beweging op die misdaad front sal sien. Iets wat nogal 'n groot rol kan speel is die ding dat die presidensie te kenne gegee het dat hul die parlement wil ontbind, ongeveer 'n week voor die verkiesing. Dit opsigself kan nogal vreemde gevolge hê. Tyd sal leer.

Wat ek vandag vir elke persoon wil se is, maak nou gereed, skerp jou veiligheid nog so stappie of twee op en wees baie paraat. Kyk wat om jou gebeur. Wees waaksaam.

Nie een van ons kan werklik voorspel wat gaan gebeur nie maar ek glo steeds daaraan om gereed te maak vir die ergste, terwyl ek steeds hoop vir die beste. Ek sit liewer na die tyd met 'n wavrag blikkies kos as om in 'n krisis sonder kos te sit. Ek kan redelik effektief van so hoop kos ontslae raak maar kan nie so maklik kos skep nie.

Dink, beoordeel jou veiligheid situasie en maak aanpassings soos en waar nodig.

Groete

Dawie Conradie
t.me/veiligheid101

Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Donderdag 2 Mei 2024

Môre

Ek wil vanmôre bietjie met groep leiers praat. Jy is in beheer van 'n buurtwag of ander veiligheids groep. Vir hierdie groep om effektief te funksioneer, is dit afhanklik van gemeenskapslede wat betrokke raak en dus hul tyd, kennis en bronne beskikbaar stel.

Dit gebeur heel dikwels dat 'n persoon aansluit en omtrent alles wat die groep leierskap doen bevraagteken. So persoon sal bv se dat die leiers die polisie moet betrek, die provinsiale polisie hoof moet gaan sien, die burgemeester en raadslede moet raadpleeg en nog vele meer.

Ek besef dit is uiters frustrerend en dat hierdie outjie nie bewus is van die verskillende pogings wat julle as leiers reeds van stapel gestuur het nie. Dan kan jy ook maar vir die outjie sê dat al hierdie roetes al gevolg is en dat jy geen samewerking van daardie partye kry nie, hy/sy aanvaar dit gewoonlik nie.

Probeer maar geduldig wees, hopelik het jy iewers notules of notas van vergaderings wat gehou is. Stel maar afskrifte daarvan beskikbaar. Laat hy maar self lees.

Dit is ongelukkig so dat baie outjies wat betrokke raak glo hul weet alles en dat hulle eers 'n paar keer self moet probeer voordat hul begin besef wat dit behels om so operasie te dryf. Ja natuurlik is daar die kans dat die outjie jou werk wat reeds gedoen is, ongedaan kan maak deur sy ondeurdagte optrede, maar as jy sovêr jy kon met almal goeie verhoudinge probeer bou en hou het, sal dit nie maklik gebeur nie.

Probeer maar diplomaties wees en reken maar op die ondersteuning van jou groep. Daar sal ander mense wees wat jou goeie werk en moeite aan die outjie sal verduidelik.

Moenie fokus verloor en moedeloos word nie. Gebruik hierdie ouens om bv vergaderings by te woon en verslag te doen daarvan. Gee hom verantwoordelikheid om self ook sy bedrae te lewer. Moet nie die persoon heeltemal uitgeskakel nie, dit veroorsaak amper altyd probleme.

Sterkte met wat jul leiers doen.

Dawie Conradie
t.me/veiligheid101

Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Vrydag 3 Mei 2024

Goeiemôre

Ons het gister so bietjie gesels met die groep leiers, vandag wil ek met die nuwe rekrute gesels.

Jy besluit om by die buurtwag aan te sluit, en jy kom daar aan met 'n kop vol planne. Dit is goed so, ons wil graag nuwe idees en planne hoor maar wees versigtig.

Ek hoor baiekeer manne wat sê "ons moet koerante toe gaan" of "ons moet die stasiebevelvoerder gaan sien" en nog heelwat ander blink planne. My vriend, soveel as wat ek en andere jou idee ondersteun wil ek ook hê jy moet vir 'n oomblik dink. Kom ons noem hulle die ou manne, het heel moontlik al reeds hierdie roetes probeer. Hulle het heel moontlik al ander planne, waaraan jy nog nie gedink het nie, ook probeer.

Die ou manne het, net soos jy, ook met hierdie planne vorendag gekom en ek moet toegee, in die pre 94 era, sou hierdie planne puik vrugte afgewerp het. Die probleem is net dat in die post 94 wêreld, is die groot plan bietjie anders.

Ek persoonlik het al in vergaderings gesit waar deelnemers ons die son, maan en sterre beloof het, net om kort daarna soos mis voor die son te verdwyn. Ons het al geleer dat sommige stories werklik te goed is om waar te wees.

Uit ondervinding het ons al geleer dat die owerhede, nie baie behulpsaam is nie, daarom is ons grootliks op ons self aangewese om dinge veilig en aanmekaar te hou.

Daarom gebeur dit dat wanneer jy 'n plan van aksie aanroer, jy nie altyd met groot entoesiasme begroet word nie. Die ou manne het geen probleem met jou plan nie, ons weet ongelukkig alreeds wat gaan gebeur wanneer ons die plan probeer implimenteer.

Jy kan nie 'n dooie perd ry nie, ons regerende party is ongelukkig, 'n dooie perd.

Dawie Conradie
t.me/veiligheid101

Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Maandag 6 Mei 2024

Môre

Wat het ek nodig om myself en my gesin te beskerm? Die kort antwoord is: Tyd

Met tyd aan jou kant, kan jy pro aktief optree in plaas van om te reageer op kort kennisgewing. As jy 'n jaar voor die tyd weet daar gaan 'n drastiese verhoging in die prys van brandstof wees, kan jy reeds 'n plan maak om die styging die hoof te bied maar as jy vanmôre by die pomp stop om vol te maak, en dan agterkom die prys het oornag met R 15.00 per liter gestyg, dan is ek bevrees jy gaan meer as net platsak wees.

So as jy 'n kosbare 5 of 10 sekondes vooraf kan weet van 'n voornemende misdadiger op jou perseel, kan jy planne aktiveer om hom te hanteer. Sou jy egter met die loop van 'n vuurwapen teen jou kop wakker word, gaan jy 'n slegte dag beleef.

Daarom is dit so belangrik om vroeë waarskuwing stelsels in plek te kry. Vroeë waarskuwing kan alarms, kameras en ander items behels maar vroeë waarskuwing kan ook betrokkenheid in jou gemeenskap wees.

In werklikheid is 'n gesonde veilige gemeenskap 'n uitstekende vroeë waarskuwing stelsel. Betrokkenheid in so 'n gemeenskap bied aan jou en jou gesin 'n voorry sitplek met uitstekende insae in jul gemeenskap se veiligheid.

Ek kan nie gemeenskapsbetrokkenheid genoeg beklemtoon nie, dit is amper so belangrik soos jou geloof. Raak betrokke, ken jou gemeenskap en ken jou omgewing. Ek sien te veel mense wat nie weet wat buite hul grensdrade aan die gang is nie.

Ek wil in die volgende paar dae met jou praat oor tyd. Hoe kosbaar is tyd en water verskil kan selfs net 'n paar sekondes maak. Selfs 5 sekondes vroeë waarskuwing kan die verskil tussen lewe en dood beteken.

Ek wil met jou praat oor die verrassings element en hoe jou kanse verbeter as jy die verrassing aan jou kant het en tot jou voordeel gebruik.

Ek wil ook met jou praat oor jou verantwoordelikheid teenoor jou gesin. Hoe misdaad oor die laaste paar jaar drasties verander het en hoe desperaatheid die oorhand by baie misdadigers begin kry.

Dit is nou tyd om jou optrede, kennis en planne op te skerp. Dit is nou tyd om waaksaam te wees en die misdadigers in jou area dop te hou. Jy kan, deur fyn op te let, sien hoe hierdie ouens foute maak, en jy kan daardie foute tot jou voordeel aanwend.

Ons gesels môre verder . . .

Dawie Conradie
t.me/veiligheid101

Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Dinsdag 7 Mei 2024

Goeiemôre

Tyd, die een ding wat ons nie kan terugkry wanneer ons dit eers gebruik het nie. Tyd is kosbaar, hoe meer tyd ek het om voor te berei hoe beter kan ek dit doen. As dit dan so is, hoekom sal ek nie vir myself planne maak om meer tyd te hê wanneer ek in 'n krisis moet voorberei nie? Hoekom sal ek nie reeds vooraf, planne beraam en in plek sit om vir myself kosbare oomblikke te koop wanneer 'n noodsituasie ontstaan nie?

Wanneer jy die stories hoor wat mense vertel nadat hulle aangeval is, loop daar 'n goue draad deur elkeen van daardie stories. Voor die voet is almal op een of ander wyse verras. "Die mense was bv besig om TV te kyk", of "het net klaar gebraai en was besig om gereed te maak om te eet", "hulle het geslaap toe hul wakker word met mense in die kamer" en nog baie meer.

So hier en daar hoor jy darem 'n suksesverhaal soos die tannie wat die rook uit 'n groep aanvallers geskiet het, of die dame wat in haar kind se hangkas gaan wegkruip het met 'n pistool en toe die aanvaller doodgeskiet het. Dié suksesverhale is egter ver in die minderheid.

Feit bly staan meeste mense (almal) wat aangeval is, is op een of ander wyse verras. Kom ons dink nou bietjie anders. Wat gebeur as daardie misdadiger die deur oopmaak en verras word met 'n mal boer wat op hom losbrand? Of as hy daardie heining knip en 'n ander persoon/ persone trap hom en sy makkers sommer net daar vas? Wat as jy die verrassing aan jou kant kan kry en die suksesverhaal na die tyd kan vertel? Want jy kan! En jy moet! Want jy weet tog dat jy een of ander tyd aangeval sal word. So hoekom sal jy nie jou dinge so beplan dat jy die held in daardie verhaal kan wees nie?

Wat keer jou om jou lewe en omgewing so te reël dat jy as oorwinnaar uit daardie situasie kan stap? Geld? Tyd? Kennis? Elke dag wat jy deurgaan sonder om iets aan jou beplanning te doen, is 'n dag wat jy mors. Elke dag wat jy versuim om iets in plek te sit om vir jou tyd te koop, is 'n nag wat jy ingaan met 'n hoër risiko om aangeval te word! Dit is ook 'n dag wat jy nóóit weer sal hê om te spandeer aan iets wat jou lewe kan red nie.

Begin vandag nog planne maak. Kry vandag nog jou vroeë waarskuwing stelsels in plek! Sluit vandag nog by jou buurtwag aan. Raak vandag nog betrokke in jou gemeenskapsveiligheid program. Moenie in môre oggend se koerant memoriam wees nie, wees op die voorblad omdat jy oorwin het, omdat jy die verrassing element aan jou kant kon kry.

Jy kan en moet die verskil wees

Dawie Conradie
t.me/veiligheid101

Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Woensdag 8 Mei 2024

Môre

Waarskuwing: Vanmôre se gesprek mag dalk sensitiewe lesers ontstel.

As jy bewus word van 'n misdadiger in jou huis, wat is die verskillende scenarios wat kan uitspeel?

1. Die inbreker sien jou en hardloop weg.

2. Die skobbejak hou jou en jou gesin aan, beroof julle en gee pad, geen fisiese aanranding of beserings.

3. Julle word aangeval, vasgebind, aangerand en beroof. Hoewel sleg leef julle darem nog en kan jul weer van voor af bou

4. Julle word vasgemaak, aangerand, gemartel, vrouens word verkrag, die aanvallers vlug met een of twee selfone, TV en dalk 'n skootrekenaar of twee.

Hierdie is baie sleg, nog slegter as om vermoor te word want, vir die res van daardie vrou en kinders se lewens bly daardie misdadiger in hul koppe. Die sielkundige uitwerking van so aanval kan nooit ooit ten volle bepaal of ongedaan gemaak word nie. Dan is daar ook die moontlikheid van seksueel oordraagbare siektes, en natuurlik vir die res van die gesin se trauma na die aanskou van hierdie gruwel dade.

Ek het al soveel keer in die verlede gesê, hierdie is lankal nie meer misdaad nie, dit is lae intensiteit oorlogvoering, terrorisme.

Tot 'n baie groot mate is hierdie goed vermybaar, deur te beplan, die nodige vroeë waarskuwing in plek te sit en deur daadwerklike positiewe optrede.

Hoekom sal jy dit nie doen nie? Hoekom die risiko loop om deel te word van die aaklige statistiek?

Ek wens so ek kan elke passiewe persoon wat weier om betrokke te raak, weier om te beplan, weier om stelsels en planne in plek te sit, aan sy of haar skouers gryp en ruk tot hul wakker word. Mense kyk om jou, dit is nie net meer plaas en landelike bewoners wat so kru aangeval word nie dit kruip al meer in ons dorpe en stede in. Dit gebeur al meer gereeld by ons winkels, werkplekke, universiteite en skole. Lees bietjie koerant, luister die radio nuus en kyk nuus op TV. Gaan soek inligting op sosiale media want die hoofstroom media berig nie graag oor hierdie goed nie.

Ons preek elke dag, vertel jou elke dag van vroeë waarskuwing stelsels, planne maak en buurtwagte. Ons preek dat mense moet betrokke raak, maar tog sit mense appaties voor TV, rekenaar en speletjies in plaas van om aktief betrokke te raak.

Naweke word karre tot oorlopens toe vol gepak met bagasie, gesinne gaan hou jolyt, kuier, vang vis en stap. Al hierdie dinge kos geld, dieselfde geld wat jy kan aanwend om jou stelsels mee in plek te sit.

Wat kos dit deesdae vir 'n gesin van vier om vir een week "weg" te gaan met vakansie? Duisende, meer as wat 'n intreevlak alarm stelsel kos. Ek kom vandag nog by huise waar geen alarm, geen veiligheidsdeure of in sommige gevalle nie eens heinings is nie.

Maar daar is allerhande vermaak, DStv, internet, bote, vierwiel motorfietse, karavaan en wat nog by dieselfde huise.

Ons moet ernstig besin oor dit wat werklik belangrik is. 10, 20, 30 jaar gelede was dinge anders. Die misdaad toneel het nou soveel verander dat jy nie meer sonder vroeë waarskuwing, buurtwagte, gewapende reaksie en wat nog kan klaarkom nie.

Kry jou en jou gesin se prioriteite agtermekaar voor dit te laat is.

Dawie Conradie
t.me/veiligheid101

Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Donderdag 9 Mei 2024

Môre

Soveel keer sê mense vir my, "ons kan nie enige vroeë waarskuwing hier insit nie, ons huur net die plek." Werklik!? Enige verhuurder wat 'n huurder die reg ontsê om veiligheid en sekuriteit by sy huur eiendom op te sit verdien om geen huurder in daardie plek te hê nie.

Ek huur en ek sit veiligheid stelsels in, as die grond baron sy stert in 'n krul wil ruk daaroor, dan is dit maar goed so. Hy of sy gaan nie my gesin beskerm nie, is meestal nie eens naby die eiendom nie en woon heel moontlik in 'n veiligheidskompleks.

Huurders moet toegelaat word om veiligheid stelsels in plek te sit, in werklikheid behoort elke huurhuis ten minste 'n basiese vroeë waarskuwing stelsel in plek te hê. As verhuurder is dit jou plig om huurders eerlik in te lig oor die veiligheid situasie in die buurt waar jy verhuur. Moenie lieg en sê daar was nog nooit 'n inbraak as jy voor jou siel weet dit is nie so nie.

Ek het al 'n verhuurder gehad wat hart en mond beloof het dat die huis so veilig is as fort Knox, maar die vorige inwoners het getrek nadat hul in dieselfde huis aangeval is. Dit is blatante misleiding.

Huurders behoort onder geen omstandighede enige veiligheidsstelsels ontsê te word nie. Huurders het die reg tot 'n eerlike en feitlike opsomming van die buurt en omgewing se veiligheid situasie. Laat jou huurder vooraf weet waarvoor hy homself inlaat. Huurders, moenie naïf wees en alles glo wat jou lêndlord (landlord of grondbarron) jou vertel nie. Ons almal behoort teen die tyd te weet jy is nêrens meer veilig nie.

Laat sit jou veiligheidsstelsels in, jy kan dit saam neem na jou volgende plek of aan die nuwe huurder verkoop wanneer jy trek.

Verhuurders behoort ook 'n lys van basiese kontak besonderhede aan hul huurders beskikbaar te stel. Hierdie tipe lys behoort eintlik deel van die plaaslike buurtwag se verantwoordelikhede te wees. Op hierdie lys moet die nommers van plaaslike reaksie personeel, buurtwag leiers, dokters, hospitale, ambulans dienste ens wees. Daar moet ook plek wees waar bure en ander naasbestaandes se nommers ingeskryf kan word.

Jou huis se adres moet baie duidelik wees. Veral in landelike gebiede is dit van kardinale belang dat 'n gestandaardiseerde stelsel in plek moet wees. Dit moet ook in stand gehou word.

Jou eiendom, of jy self daar bly of verhuur, behoort jou trots te wees.

Dawie Conradie
t.me/veiligheid101

Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Vrydag 10 Mei 2024

Môre weer

Teen die tyd weet ons dat misdaad oral kop uitsteek, dat misdadigers geen steen onaangeroer sal laat om net hul vervoeilike dade te kan pleeg nie. Selfs kerke en kerkdienste word nie ontsien nie. Ons weet hierdie dinge en ons hoop elke dag dat dit net nie met ons moet gebeur nie, maar tog, gebeur dit alte gereeld.

Die Engelse spreekwoord sê, "Hindsight is 20/ 20" ek sê "Foresight is even better" ons moet net ophou lui wees, vooruit dink en beplan en ons planne in plek hou.

Destyds toe ek nog op 'n kerkraad gedien en gereeld 'n sekere kerk besoek het, het ons 'n slag of twee kar verloor tydens 'n erediens aan booswigte. Ons moes toe noodgedwonge kerkraadslede afvaardig om tydens dienste voetpatrolies te loop. Destyds, ongeveer 30 jaar gelede, het dit goed gewerk maar namate die misdaad toegeneem het en die skobbejakke meer toegewyd geraak het, moes ons naderhand hekke en heinings installeer en nog later sekuriteit bewaking kry.

Alles kon soveel makliker die hoof gebied word as ons net aanvanklik beter beplanning en implimentering kon doen. Ek gee toe dat ons destyds nie voorbereid was op hierdie goed nie.

Omdat ons vandag weet en dinge sien gebeur is dit teoreties makliker om planne te maak en in plek te sit. Tegnologie het intussen met rasse skrede vooruitgegaan wat ons in staat stel om reeds lank voor die tyd bewus te wees van betreders en dus kan optree terwyl hul nog in aantog is. Ons grootste probleem lê by onsself, ons eie mense wat ons planne in die wiele ry omdat elke ou sy eie idee het en dit wil afdwing.

Ons moet leer om hande te vat, mekaar se planne te ondersteun al is dit nie noodwendig wat ek self sou doen nie en 'n verenigde front vorm. Dit is die beste teenvoeter vir dit wat tans aan't gebeur is. Ons tyd word min, ons voorsien reeds groter probleme in die nabye toekoms.

Ek pleit by elke persoon wat hier lees, staan op, raak betrokke, vat hande in jou gemeenskap, vorm daardie front en skep 'n ondeurdringbare muur teen misdaad.

Dawie Conradie
t.me/veiligheid101

Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Maandag 13 Mei 2024

Goeiemôre

Daar is tans soveel wyses waarop misdadigers teiken dat dit moeiliker word om te fokus op slegs een strategie. Die ouens raak meer en meer desperaat en ontsien geeneen in hul kriminele aktiwiteite nie.

Die spykers op die pad is maar net nog een van die metodes waarop misdadigers onskuldige mense teiken. Meestal is die wins uit so rooftog betreklik klein in vergelyking met die skade en trauma..

Maar wat kan ek doen om hierdie misdaad te vermy en selfs te bestry? Die eerste logiese stap sal wees om die brandpunte sovêr moontlik te vermy. Daar is gereeld nuwe inligting wat aan die lig kom en tans wil dit voorkom of die meeste gevalle, saans na sononder, in en om Gauteng plaasvind. Dit sal dus 'n goeie besluit wees om nie dan op hierdie paaie te ry nie.

Tweedens, as jy dan moet ry, probeer 'n paar voertuie bymekaar kry en ry in konvooi. Indien dit nie moontlik is nie, kry nood nommers van reaksie groepe op die roete.

As jy betrokke raak in so insident, kry soveel moontlik afstand tussen jou en die misdaad toneel. Hou aan ry sovêr as wat jy kan. Kontak noodpersoneel met jou ligging.

Mens kan jou kar vervang maar niemand kan 'n lewe vervang nie, dit is onmoontlik. Dit kom weereens daarop neer dat mens moet vooruit beplan. As jy vandag in Pretoria of omgewing moet wees en die kans is daar dat jy in die donker moet terugry, reel dan liewer oorslaap plek. Mens vat nie onnodig kanse nie.

Baie sterkte vir die week wat voorlê vir elkeen.

Dawie Conradie
t.me/veiligheid101

Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Woensdag 15 Mei 2024

Môre

Eerstens vra ek verskoning dat ek nie gister 'n plasing gemaak het nie.

Goed, ek gesels die afgelope week met iemand wat my komplimenteer met die wyse waarop ek ons vroeë waarskuwing stelsels geïnstalleer het. Hy hou spesifiek van die idee dat daar rugsteun ingebou is vir elke stelsel en dan weer rugsteun vir elkeen van daardie rugsteun stelsels.

So kan mens, as iets fout gaan nog steeds 'n tweede, derde en selfs vierde stelsel in plek hê sou iets iewers verkeerd loop. Ek probeer dan ook my stelsels so beplan dat alles so inmekaar skakel dat mens veelvuldige stelsels of grense moet oorkom voordat jy by my huis uitkom.

Ek is tans besig met planne om dieselfde idee ook in my voertuie aan te bring. Ons beleef tans 'n vlaag inbrake in veral besighede se voertuie waar gereedskap en materiaal gesteel word. Dit maak mens se lewe nogal erg ongemaklik wanneer jy by jou voertuig kom en bore, hoekslypers ens is geneem. Ek sien die tendens is dan ook om battery aangedrewe masjiene te neem omdat dit baie handig is om by 'n volgende plek weer toegang te kry.

Daarom beplan ek nou en werk aan idees om my toerusting veilig en op hul plek te hou. Ek werk ook aan 'n plan om goed soos wiele, batterye en selfs brandstof te beskerm aangesien dit ook besig is om hoë waarde kommoditeite te word.

Verskeie mense het nou al gekla dat hul voertuig spaarwiel gesteel is hier by ons. Myne bly nou maar tuis vir normale alledaagse gebruik en ry net saam wanneer ek verder weg gaan van my kospotte af.

Mens moet net nooit uit planne uitbraak nie, altyd moed en durf hê om iets nuuts te probeer en uiteindelik dalk 'n nuwe patent kry.

Nou ja so sukkel mens maar voort dag vir dag

Geseënde Woensdag vir almal.

Dawie Conradie
t.me/veiligheid101

Whatsapp kanaal
https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q
Donderdag 16 Mei 2024

Goeiemôre

Ek het gister weer 'n baie insiggewende en interressante gesprek gehad rondom kostes van vroeë waarskuwing stelsels. Hoewel ons hierdie gesprek al soveel keer gehad het dink ek moet mens toegee dat nie almal die blikkie en klippie mens kan wees nie, maar met dit gesê, is dit sekerlik nie die enigste effektiewe goedkoop vroeë waarskuwing stelsel nie.

Daar is regtig baie oulike, goedkoop alternatiewe beskikbaar in die handel, plekke soos builders warehouse, Chamberlain's, game ens. Kyk maar rond. Jy hoef regtig nie die "latest en greatest" te hê nie. Jy gebruik uiteindelik dit wat vir jou werk.

Ek wil vanmôre hierby byvoeg, hou jouself op hoogte van bestaande wetgewing en weerhou jouself daarvan om aan die verkeerde kan daarvan te beland. Wees versigtig met wat jy doen, wat jy se en baie belangrik, sorg dat jy getuies het.

Ons sien gereeld mense wat na 'n suksesvolle aankeer van 'n verdagte, self aangekla word van goed soos bv, aanranding, rig van gevaarlike wapen, crimen injuria en nog 'n verskeidenheid ander goed. Ek net noem dat nog 'n baie gewilde een is dat vroue wat in 'n operasie mag betrokke wees baie maklik omdraai en sê dat iemand haar seksueel aangerand of selfs net aangeraak het. As so beskuldiging na jou kant kom is dit amper 'n onmiddellike arres. Moet dus sovêr jy kan nooit alleen optree nie en as jy optree sorg vir een of ander vorm van opname, hetsy audio of video en audio.

Hoe moeilik dit ookal mag wees, tree rasioneel en sovêr moontlik, sonder emosie op. Met ander woorde, hoe kwaad jy ookal mag wees, wees rustig, doelgerig en selfbeheersd.

Moenie dat enigiemand 'n vinger na jou kan wys nie. Hier is dit ook belangrik om daarop te let dat organisasies soos AfriForum aan hul buurtwaglede regshulp beskikbaar maak in gevalle waar so lid binne die riglyn van die wet optree en dan vals beskuldig word deur verdagtes.

Dit is 'n baie goeie reëling dat daar altyd 'n video opname gemaak word. Weereens is dit duur om bv lyf kameras aan te koop en bedryf maar glo my hofsake kan baie duurder wees en vat ongelooflike lang tye op. Vaardig iemand in jou groep af om om video's te neem met 'n selfoon, dit sal jou goed dien sou dit tot 'n aanklag/ regsaksie lei.

Sluit aan by ons *AfriForum Rustenburg inligting kanaal*

https://whatsapp.com/channel/0029VaQTTcMISTkB0BHY2A35