Supertaal
34 subscribers
460 photos
7.79K links
Kom kuier saam met ons by http://gesellig.co.za/, of raak betrokke by een van ons projekte, soos die versamel van ou e-boeke, die opstel van 'n woordeboek asook 'n volledige ensiklopedie.
Download Telegram
wettiging in Woordeboek

wettiging
Afbreking: wet•ti•ging
Samestelling: wettig + -ing

---
Selfstandige naamwoord: wettiging
Meervoud: wettigings

Betekenis:
• Die handeling om wettig te maak.

Gebruik:
• Die wettiging van dwelms soos dagga is betreurenswaardig.

Sinoniem:
• dekriminalisering
• legitimasie
• ratifikasie
• sanksionering

Vertaling:
Engels: legalisation
Nederlands: wettiging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
panorama in Woordeboek

panorama
Afbreking: pa•no•ra•ma

---
Selfstandige naamwoord: panorama
Meervoud: panoramas
Verkleinwoord: panoramatjie
Meervoud van verkleining: panoramatjies

Betekenis:
• 'n Wye uitsig, of 'n prent/skildery wat 'n wye uitsig bied.

Gebruik:
• Die foto bied 'n panorama van Tafelberg.

Sinoniem:
• vergesig

Afgelei:
• panoramafoto
• panoramaskerm

Verwant:
• panoramies

Vertaling:
Engels: panorama
Nederlands: panorama

Nota:
• Panorama is ook die naam van 'n voorstad in Kaapstad.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
panoramies in Woordeboek

panoramies
Afbreking: pa•no•ra•mies

---
Byvoeglike naamwoord: panoramies
Attributief: panoramiese

Betekenis:
• Soos 'n panorama. Wat 'n indrukwekkende wye uitsig bied.

Gebruik:
• Die boonste verdieping van die wolkekrabber bied 'n panoramiese uitsig oor die stad.

Vertaling:
Engels: panoramic
Nederlands: panoramisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
onordelik in Woordeboek

onordelik
Afbreking: on•or•de•lik
Samestelling: on- + ordelik

---
Byvoeglike naamwoord: onordelik
Vergrotende trap: onordeliker
Oortreffende trap: onordelikste
Attributief: onordelike
Partitief: onordeliks

Betekenis:
• Wat nie ordelik is nie.

Gebruik:
• Loop in rye en moenie die klas onordelik verlaat nie.

Sinoniem:
• chaoties
• deurmekaar
• ongedissiplineerd
• ongeorden
• onmetodies
• onreëlmatig
• slordig
• wanordelik
• woes

Antoniem:
• ordelik
• planmatig

Afgelei:
• onordelikheid

Vertaling:
Engels: disorderly, unruly
Nederlands: onordelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
sneuwel in Woordeboek

sneuwel
Afbreking: sneu•wel

---
Werkwoord: sneuwel
Verlede tyd: het gesneuwel
Verlede deelwoord: gesneuwelde

Betekenis:
• Om in 'n geveg dood te gaan.
• (figuurlik) Om te faal; misluk.

Gebruik:
• Meer as 3000 man sneuwel in die bloedige veldslag.
• Sy slim plan het vinnig gesneuwel.

Sinoniem:
• afsterf
• heengaan
• omkom
• sterf
• val

Vertaling:
Engels: to die in battle; to fall, perish
Nederlands: sneuvelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
graveer in Woordeboek

graveer
Afbreking: gra•veer

---
Werkwoord: graveer
Verlede tyd: het graveer
Verlede deelwoord: gegraveerde

Betekenis:
• Om 'n figuur of teks met skerp gereedskap in glas of metaal uit te krap.

Gebruik:
• Die klub graveer die wenner se naam op die wisseltrofee.

Afgelei:
• graveerinstrument
• graveerkuns
• graveermasjien
• graveernaald
• graveerstif
• graveertegniek
• graveerwerk
• graveeryster
• hergraveer
• ingraveer

Verwant:
• graveerder
• gravering
• graveur

Vertaling:
Engels: to engrave
Nederlands: graveren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
blikbrein in Woordeboek

blikbrein
Afbreking: blik•brein
Samestelling: blik + brein

---
Selfstandige naamwoord: blikbrein
Meervoud: blikbreine
Verkleinwoord: blikbreintjie
Meervoud van verkleining: blikbreintjies

Betekenis:
• 'n Rekenaar/ komper.

Gebruik:
• Daar is byna niks wat dié blikbrein nie kan doen nie.

Vertaling:
Engels: computer, tin head
Nederlands: computer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
verkool in Woordeboek

verkool
Afbreking: ver•kool
Samestelling: ver- + kool

---
Werkwoord: verkool
Verlede tyd: het verkool
Teenwoordige deelwoord: verkoling
Verlede deelwoord: verkoolde

Betekenis:
• Om te brand tot net houtskool oorbly.

Gebruik:
• Ma het die kos verkool.

Sinoniem:
• karboneer
• karboniseer
• verbrand

Vertaling:
Engels: to carbonise
Nederlands: verkolen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
medelydend in Woordeboek

medelydend
Afbreking: me•de•ly•dend
Samestelling: medelydend+
Uitspraak: /medelydend/

---
Byvoeglike naamwoord: medelydend
Vergrotende trap: medelydender
Oortreffende trap: medelydendste
Attributief: medelydende
Partitief: medelydends

Betekenis:
• Met meegevoel.

Gebruik:
• Ten slotte: Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig. [1 Petrus 3:8]

Sinoniem:
• barmhartig
• deernisvol
• jammerhartig
• meewarig
• simpatiek

Afgelei:
• medelydendheid

Vertaling:
Engels: compassionate
Nederlands: medelydend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
kakofonies in Woordeboek

kakofonies
Afbreking: ka•ko•fo•nies

---
Byvoeglike naamwoord: kakofonies
Attributief: kakofoniese

Betekenis:
• Soos 'n kakofonie ('n warboel van deurmekaar klanke).

Gebruik:
• Die musiek dawer kakofonies oor die luidsprekers.

Sinoniem:
• disharmonies
• onwelluidend
• wanklankig

Antoniem:
• harmonies

Vertaling:
Engels: cacophonic
Nederlands: kakofonisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
verbuiging in Woordeboek

verbuiging
Afbreking: ver•bui•ging
Samestelling: verbuig + -ing
Uitspraak: fərˈbœʏ̯xəŋ

---
Selfstandige naamwoord: verbuiging
Meervoud: verbuigings, verbuiginge
Verkleinwoord: verbuiginkie
Meervoud van verkleining: verbuiginkies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van verbuig of verkrom.
• (taalkunde) Die verandering van 'n woord na 'n ander grammatikale kategorie.

Gebruik:
• Sterk drukkragte veroorsaak die verbuiging of plooiing van gesteentes in die aardkors.
• Die woord sagter is 'n verbuiging van sag.

Sinoniem:
• fleksie
• vormverandering

Afgelei:
• verbuigingsuitgang
• verbuigingsvorm
• woordverbuiging

Afkorting:
• verb.

Vertaling:
Engels: inflection, declination
Nederlands: verbuiging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
episentrum in Woordeboek

episentrum
Afbreking: e•pi•sen•trum

---
Selfstandige naamwoord: episentrum
Meervoud: episentrums

Betekenis:
• Die punt op die aardoppervlakte loodreg bokant die fokus van 'n aardbewing.

Gebruik:
• Die episentrum van die skudding was tussen Klerksdorp, Stilfontein en Orkney.

Verwant:
• hiposentrum

Vertaling:
Engels: epicentre
Nederlands: epicentrum

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
tsoenami in Woordeboek

tsoenami
Afbreking: tsoe•na•mi

---
Selfstandige naamwoord: tsoenami
Meervoud: tsoenamis
Verkleinwoord: tsoenami
Meervoud van verkleining: tsoenami

Betekenis:
• 'n Enorme seegolf as gevolg van 'n aardbewing in die seebodem.

Gebruik:
• 'n Tsoenami onopgemerk op die oop see verbygaan, maar groot verwoesting aan kusgebiede aanrig.

Wisselvorm:
• tsunami

Sinoniem:
• golftrein
• vloedgolf

Afgelei:
• tsoenamigolf

Vertaling:
Engels: tsunami
Nederlands: tsunami

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
petrologie in Woordeboek

petrologie
Afbreking: pe•tro•lo•gie

---
Selfstandige naamwoord: petrologie
Meervoud:

Betekenis:
• Die studie van rotse en gesteentes.

Gebruik:
petrologie is 'n vertakking van die geologiese wetenskappe wat die oorsprong en strukture van klip bestudeer.

Sinoniem:
• gesteentekunde
• gesteenteleer
• litologie
• rotskunde

Hiperoniem:
• geologie

Afgelei:
• petrologies
• petroloog

Vertaling:
Engels: petrology
Nederlands: petrologie

Nota:
• Van Grieks: πετρος (petros), wat "gesteente" beteken en logos ("kennis").

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
takel in Woordeboek

takel
Afbreking: ta•kel

---
Werkwoord: takel
Verlede tyd: het getakel

Betekenis:
• Om aan te val; te gryp; bykom; stormloop.

Gebruik:
• Die seuns takel mekaar met die vuiste.

Afgelei:
• aftakel
• toetakel

Vertaling:
Engels: to tackle, beat up
Nederlands: takelen

---
'n Takel met twee takelblokke.
Selfstandige naamwoord: takel
Meervoud: takels
Verkleinwoord: takeltjie
Meervoud van verkleining: takeltjies

Betekenis:
• 'n Katrol- en toustelsel waarmee swaar voorwerpe opgehys of verskuif word.

Gebruik:
• Die takel het 'n drakrag van 1 ton.

Hiponiem:
• kettingtakel
• toutakel

Afgelei:
• aftakel
• optakel
• takelaar
• takelasie
• takelblok
• takelstel
• takelwerk

Vertaling:
Engels: block and tackle
Nederlands: takel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
mineralogie in Woordeboek

'n Versameling minerale.
mineralogie
Afbreking: mi•ne•ra•lo•gie

---
Selfstandige naamwoord: mineralogie
Meervoud:

Betekenis:
• Die studie van minerale.

Gebruik:
Mineralogie is 'n onderafdeling van die geologiese wetenskappe wat die voorkoms, struktuur en eienskappe van minerale bestudeer.

Sinoniem:
• delfstofkunde

Hiperoniem:
• geologie

Afgelei:
• mineralogies
• mineraloog

Afkorting:
• miner.

Vertaling:
Engels: mineralogy
Nederlands: mineralogie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
kragopwekker in Woordeboek

'n Kragopwekker.
kragopwekker
Afbreking: krag•op•wek•ker
Samestelling: krag + opwekker

---
Selfstandige naamwoord: kragopwekker
Meervoud: kragopwekkers
Verkleinwoord: kragopwekkertjie
Meervoud van verkleining: kragopwekkertjie

Betekenis:
• 'n Toestel wat elektrisiteit opwek (deur meganiese energie na elektriese energie om te skakel).

Gebruik:
• As beurtkrag te lank duur, skakel ons die kragopwekker aan.

Vertaling:
Engels: generator
Nederlands: generator

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.