Supertaal
34 subscribers
460 photos
7.77K links
Kom kuier saam met ons by http://gesellig.co.za/, of raak betrokke by een van ons projekte, soos die versamel van ou e-boeke, die opstel van 'n woordeboek asook 'n volledige ensiklopedie.
Download Telegram
bantoestan in Woordeboek

bantoestan
Afbreking: ban•toe•stan
Samestelling: bantoe + -stan

---
Selfstandige naamwoord: bantoestan
Meervoud: bantoestans

Betekenis:
• (histories) Tuisland vir swart Suid-Afrikaanse burgers tydens die apartheidsera.

Gebruik:
• Transkei was die eerste bantoestan wat gestig is om selfregering aan die Xhosas te verleen.

Sinoniem:
• stamtuisland

Afgelei:
• bantoestanisering

Vertaling:
Engels: bantustan
Nederlands: bantoestan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
neëntien in Woordeboek

neëntien
Afbreking: ne•ën•tien
Samestelling: neën + tien

---
Telwoord: neëntien

Betekenis:
• Die getal 19. Een meer as agtien en een minder as twintig.

Gebruik:
• Daar is neëntien kinders in ons klas.

Wisselvorm:
• negentien

Verwant:
• neëntiende

Vertaling:
Engels: nineteen
Nederlands: negentien

---
Selfstandige naamwoord: negentien
Meervoud: negentiens

Betekenis:
• Die syfer 19.

Gebruik:
• Die neëntien is besig om my mal te maak!

Afgelei:
• negentiende-eeus
• negentienjarige

Vertaling:
Engels: nineteen
Nederlands: negentien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
natgooi in Woordeboek

natgooi
Afbreking: nat•gooi
Samestelling: nat + gooi

---
Werkwoord: gooi nat, natgooi
Verlede tyd: het natgegooi

Betekenis:
• Om water op iets te gooi of te spuit.

Gebruik:
• Sy gooi die tuin nat.
• Het jy die petunias natgegooi?

Sinoniem:
• aanklam
• begiet
• besproei
• irrigeer
• natlei
• natmaak
• natspuit
• water

Vertaling:
Engels: to water
Nederlands: natgooien, hozen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
natmaak in Woordeboek

natmaak
Afbreking: nat•maak
Samestelling: nat + maak

---
Werkwoord: maak nat, natmaak
Verlede tyd: het natgemaak

Betekenis:
• Om water op iets te gooi of te spuit.

Gebruik:
• Hy maak die potplante nat.
• Het jy die rose natgemaak?

Sinoniem:
• aanklam
• begiet
• besproei
• bevogtig
• irrigeer
• natgooi
• natlei
• natspuit
• water

Vertaling:
Engels: to water, moisten
Nederlands: natmaaken, hozen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
dienskneg in Woordeboek

dienskneg
Afbreking: diens•kneg
Samestelling: diens + kneg

---
Selfstandige naamwoord: dienskneg
Meervoud: diensknegte
Verkleinwoord: dienskneggie
Meervoud van verkleining: dienskneggies

Betekenis:
• (histories) Iemand wat vir iemand anders werk (dikwels onder dwang, of om 'n skuld af te werk).
• (Bybel) Iemand wat hom toewy om iemand anders te dien.

Gebruik:
• En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. [Matteus 25:21]
• Paulus was 'n dienskneg van Jesus Christus, 'n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God.

Sinoniem:
• bediende
• dienaar
• helper
• slaaf
• werker

Afgelei:
• mededienskneg

Vertaling:
Engels: servant
Nederlands: dienskneg

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
kruisdood in Woordeboek

kruisdood
Afbreking: kruis•dood
Samestelling: kruis + dood

---
Selfstandige naamwoord: kruisdood
Meervoud: kruisdode

Betekenis:
• Dood aan die kruis.

Gebruik:
• Al was Jesus ontsteld oor wat sou kom, Sy lyding en kruisdood, het Hy Sy lewe afgelê sodat ander kan lewe.

Sinoniem:
• kruisiging

Vertaling:
Engels: crucifixion
Nederlands: kruisdood

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
jeuggroep in Woordeboek

jeuggroep
Afbreking: jeug•groep
Samestelling: jeug + groep

---
Selfstandige naamwoord: jeuggroep
Meervoud: jeuggroepe
Verkleinwoord: jeuggroepie
Meervoud van verkleining: jeuggroepies

Betekenis:
• 'n Groep kinders/ jongmense/ jeugdiges, of byeenkoms van so 'n groep.

Gebruik:
• Kom woon gerus ons jeuggroep op Woensdaemiddae by.

Vertaling:
Engels: youth group
Nederlands: jeugdgroep

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
agteroor in Woordeboek

agteroor
Afbreking: ag•ter•oor
Samestelling: agter + oor

---
Bywoord: agteroor

Betekenis:
• Na die agterkant of rugkant toe oor (meestal as deelwoord van 'n werkwoord).

Gebruik:
• Daar is ook diegene wat dan agteroor gaan sit en niks verder doen nie.

Sinoniem:
• agtertoe
• agteruit
• ruggelings
• terug
• terugwaarts

Antoniem:
• vooroor

Hiponiem:
• ruensagteroor

Afgelei:
• agteroorbuig
• agteroordruk
• agteroorgooi
• agteroorkam
• agteroorkantel
• agteroorleun
• agteroorslaan
• agteroorsteier
• agteroorstort
• agteroorval

Vertaling:
Engels: backward
Nederlands: achterover

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
gelykenis in Woordeboek

gelykenis
Afbreking: ge•ly•ke•nis
Samestelling: gelykenis+
Uitspraak: /gelykenis/

---
Selfstandige naamwoord: gelykenis
Meervoud: gelykenisse

Betekenis:
• Die mate waarin iets of iemand soos 'n ander lyk.
• Verhaal wat iets met iets ander vergelyk (dikwels 'n morele les).

Gebruik:
• Die gelykenis tussen die twee susters is opvallend.
Gelykenis van die verlore seun leer ons van God se genade en liefde vir ons.

Sinoniem:
• afbeelding
• beeltenis
• ekwivalensie
• ewebeeld
• model
• ooreenkoms
• sinnebeeld
• toonbeeld
• voorbeeld
• weergawe
• fabel
• parabel

Afgelei:
• familiegelykenis

Vertaling:
Engels: likeness, resemblance, similarity; parable
Nederlands: gelijkenis

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
wegraping in Woordeboek

wegraping
Afbreking: weg•ra•ping
Samestelling: wegraap + -ing

---
Selfstandige naamwoord: wegraping
Meervoud: wegrapings

Betekenis:
• Gebeurtenis waartydens gelowiges in die hemel opgeneem sal word terwyl die ongelowiges op die aande agterbly.

Gebruik:
• Die woord wegraping kom nie in die Bybel voor nie en hoewel Christene in die wederkoms glo, glo nie alle Christene in die wegraping nie.

Sinoniem:
• ekstase

Vertaling:
Engels: rapture
Nederlands: opname van de gemeente

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
neerbuig in Woordeboek

neerbuig
Afbreking: neer•buig
Samestelling: neer + buig

---
Werkwoord: buig neer, neerbuig
Verlede tyd: het neergebuig

Betekenis:
• Om afwaarts (na onder toe) te buig, dikwels as teken van onderdanigheid.

Gebruik:
• Jesus se dissipels voor Hom neergebuig het en verklaar het "U is waarlik die Seun van God".

Sinoniem:
• afbuig
• afdaal
• afstyg
• neerkniel
• neerwerp
• onderwerp
• ombuig
• oorbuig
• verneder
• verootmoedig
• vooroorbuig

Afgelei:
• neerbuigend

Vertaling:
Engels: to bow down, bend down
Nederlands: neerbuigen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
aflaaibaar in Woordeboek

aflaaibaar
Afbreking: af•laai•baar
Samestelling: aflaai + -baar

---
Byvoeglike naamwoord: aflaaibaar
Attributief: aflaaibare

Betekenis:
• Wat afgelaai kan word.

Gebruik:
• Die tydskrif is aflaaibaar.

Vertaling:
Engels: downloadable
Nederlands: downloadbaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
voëlboek in Woordeboek

voëlboek
Afbreking: vo•ël•boek
Samestelling: voël + boek

---
Selfstandige naamwoord: voëlboek
Meervoud: voëlboeke
Verkleinwoord: voëlboekie
Meervoud van verkleining: voëlboekies

Betekenis:
• 'n Boek met inligting oor voëls.

Gebruik:
• Volgens my voëlboek is dit 'n inheemse voël is.

Vertaling:
Engels: birdbook
Nederlands: vogelboek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
voëlkyk in Woordeboek

voëlkyk
Afbreking: vo•ël•kyk
Samestelling: voël + kyk

---
Selfstandige naamwoord: voëlkyk
Meervoud:

Betekenis:
• Aktiwiteit of stokperdjie waar voëls in hul natuurlike omgewings dopgehou word.

Gebruik:
• Kry solank julle verkykers, kameras en voëlboeke reg, ons gaan die naweek voëlkyk.

Vertaling:
Engels: birdwatching, birding
Nederlands: vogels kijken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
leermeester in Woordeboek

leermeester
Afbreking: leer•mees•ter
Samestelling: leer + meester

---
Selfstandige naamwoord: leermeester
Meervoud: leermeesters
Verkleinwoord: leermeestertjie
Meervoud van verkleining: leermeestertjies

Betekenis:
• Persoon wat sy kennis en vaardighede aan ander oordra.

Gebruik:
• Vir 'n beter leermeester kon ons nie vra nie!

Spreekwoord:
• Ondervinding is die beste leermeester. [Om iets self uit te vind is die beste manier om te leer.]

Sinoniem:
• afrigter
• dosent
• instrukteur
• leraar
• leerkrag
• meester
• mentor
• onderwyser
• pedagoog

Vertaling:
Engels: instructor, teacher, tutor
Nederlands: leermeester

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
blinde in Woordeboek

blinde
Afbreking: blin•de

---
Selfstandige naamwoord: blinde
Meervoud: blindes

Betekenis:
• 'n Persoon wat nie kan sien nie.

Gebruik:
• Hy het die dowes laat hoor, blindes laat sien, die siekes genees en dooies uit die dood opgewek.

Spreekwoord:
• 'n Blinde hen kry ook partykeer 'n mieliepit. [Selfs die onwaarskynlike kan gebeur.]
• Een blinde kan nie 'n ander lei nie. [Een onkundige persoon kan nie 'n ander help nie.]

Vertaling:
Engels: blind person
Nederlands: blinde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
sieke in Woordeboek

sieke
Afbreking: sie•ke
Samestelling: siek + -e

---
Selfstandige naamwoord: sieke
Meervoud: siekes

Betekenis:
• 'n Persoon wat nie wel is nie.

Gebruik:
• Die verpleegster het die sieke versorg.
• Hy het die dowes laat hoor, blindes laat sien, die siekes genees en dooies uit die dood opgewek.

Spreekwoord:
• Die sieke dra die gesonde. [Die minderbevoorregte help die bevoorregte.]

Vertaling:
Engels: sick person
Nederlands: sieke

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
radikaliseer in Woordeboek

radikaliseer
Afbreking: ra•di•ka•li•seer
Samestelling: radikaal + -iseer

---
Werkwoord: radikaliseer
Verlede tyd: het geradikaliseer

Betekenis:
• Om radikaal (of meer radikaal) te maak; ekstremistiese idees kry or oordra.

Gebruik:
• Kinders word maklik op sosiale media geteiken en geradikaliseer.

Vertaling:
Engels: to radicalise, radicalize
Nederlands: radicaliseren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
humanisme in Woordeboek

humanisme
Afbreking: hu•ma•nis•me

---
Selfstandige naamwoord: humanisme
Meervoud:

Betekenis:
• Die strewe om meer humanisties en mensliewend te wees.
• Nie-godsdienstige lewensbeskouing wat die mens sentraal stel en godsdiens as minder belangrik ag.
• (histories) Beweging tydens die Renaissance (14de tot 16de eeu) wat die klassieke wetenskap en kuns herontdek.

Gebruik:
• Sy humanisme het my hart geroer.
• Moderne humanisme is 'n nie-godsdienstige lewensfilosofie wat menswaardigheid, vryheid en individualisme eerste stel.

Sinoniem:
• goedaardigheid
• goedigheid
• medemenslikheid
• naasteliefde
• vermensliking

Vertaling:
Engels: humanism
Nederlands: humanisme

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
voortvloei in Woordeboek

voortvloei
Afbreking: voort•vloei
Samestelling: voort + vloei

---
Werkwoord: vloei voort, voortvloei
Verlede tyd: het voortgevloei

Betekenis:
• Om verder te vloei of te stroom.
• Om te ontstaan of tot gevolg te hê.

Gebruik:
• Van hier vloei die rivier in 'n suidelike rigting voort.
• 'n Aantal belangrike uitkomste het uit die samesprekinge voortgevloei.

Sinoniem:
• spruit
• volg
• voortkom
• voortspruit

Afgelei:
• voortvloeiend
• voortvloeiing
• voortvloeisel

Vertaling:
Engels: to flow along; to follow, result, arise from
Nederlands: voortvloeien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.