Supertaal
37 subscribers
464 photos
8.08K links
Kom kuier saam met ons by http://gesellig.co.za/, of raak betrokke by een van ons projekte, soos die versamel van ou e-boeke, die opstel van 'n woordeboek asook 'n volledige ensiklopedie.
Download Telegram
menseregte in Woordeboek

menseregte
Afbreking: men•se•reg•te
Samestelling: mense + regte

---
Selfstandige naamwoord: mensereg
Meervoud: menseregte

Betekenis:
• Die basiese regte en vryhede wat elke mens toekom, en wat gewaarborg behoort te word.

Gebruik:
Menseregte sluit in die reg tot lewe, vryheid van denke en spraak, gelykheid voor die reg, ens.

Afgelei:
• menseregtedag
• menseregtekommissie
• menseregteskending
• menseregteteorie

Vertaling:
Engels: human rights
Nederlands: mensenrechten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
koffiemoer in Woordeboek

Koffiemoer wat in 'n koffiefilter agtergebly het.
koffiemoer
Afbreking: kof•fie•moer
Samestelling: koffie + moer

---
Selfstandige naamwoord: koffiemoer
Meervoud:

Betekenis:
• Die donker afsaksel van gemaalde koffiebone wat nie oplos tydens die maak van koffie nie.

Gebruik:
• Moenie die koffiemoer weggooi nie, strooi dit in die tuin om goggas weg te hou.

Hiperoniem:
• moer

Vertaling:
Engels: coffee grounds
Nederlands: koffiedik

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
tydeenheid in Woordeboek

tydeenheid
Afbreking: tyd•een•heid
Samestelling: tyd + eenheid

---
Selfstandige naamwoord: tydeenheid
Meervoud: tydeenhede

Betekenis:
• 'n Eenheid van tyd waarmee die tydsduur tussen twee tydstippe beskryf word.

Gebruik:
• Daar is baie tydeenhede, soos die sekonde, minuut, uur, dag, week, maand, jaar, dekade, eeu, ens.

Wisselvorm:
• tydseenheid

Vertaling:
Engels: unit of time
Nederlands: tijdseenheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
penskets in Woordeboek

'n Penskets.
penskets
Afbreking: pen•skets
Samestelling: pen + skets

---
Selfstandige naamwoord: penskets
Meervoud: pensketse
Verkleinwoord: pensketsie
Meervoud van verkleining: pensketsies

Betekenis:
• 'n Skets wat met 'n pen en ink geteken is.
• (figuurlik) 'n Kort beskrywing.

Gebruik:
• Moenie pensketse in jou handboek maak nie!
• Die bundel bevat 'n penskets van die digter se lewe.

Sinoniem:
• pentekening

Vertaling:
Engels: pen sketch
Nederlands: penschets

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
byproduk in Woordeboek

byproduk
Afbreking: by•pro•duk
Samestelling: by + produk

---
Selfstandige naamwoord: byproduk
Meervoud: byprodukte

Betekenis:
• 'n Produk wat onbedoeld verkry word as iets anders gemaak word.

Gebruik:
• Petrol was eens 'n byproduk met die raffinering van olie, maar het later 'n belangrike kommoditeit geword.

Sinoniem:
• afvalproduk
• neweproduk

Vertaling:
Engels: by-product, spin-off product
Nederlands: bijproduct

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
koeldrankblik in Woordeboek

koeldrankblik
Afbreking: koel•drank•blik
Samestelling: koeldrank + blik

---
Selfstandige naamwoord: koeldrankblik
Meervoud: koeldrankblikke
Verkleinwoord: koeldrankblikkie
Meervoud van verkleining: koeldrankblikkies

Betekenis:
• 'n Blik met koeldrank waaruit 'n mens kan drink.

Gebruik:
• 'n Mens kan 'n leë koeldrankblik met jou vingers induik.

Afgelei:
• koeldrankblikringetjie

Verwant:
• 'koeldrankbottel

Vertaling:
Engels: soft drink can, soda can
Nederlands: frisdrankblikje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
temper in Woordeboek

temper
Afbreking: tem•per

---
Werkwoord: temper
Verlede tyd: het getemper

Betekenis:
• Om metaal harder en meer smeebaar maak deur dit te verhit en af te koel.
• (figuurlik) Om te versag en minder erg te maak.

Gebruik:
• Die staal word getemper om die koolstof daarin te verdryf.
Temper jou eetlus! Ons moes mooi verduidelik om die gemoedere te temper.

Sinoniem:
• bedaar
• beteuel
• demp
• kalmeer
• matig
• modereer
• sus
• versag

Afgelei:
• tempering
• temperoond
• temperstaal

Vertaling:
Engels: to temper; soften, tone down
Nederlands: temperen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
hantering in Woordeboek

hantering
Afbreking: han•te•ring
Samestelling: hanteer + -ing

---
Selfstandige naamwoord: hantering
Meervoud:

Betekenis:
• Die manier waarop iets gebruik word; hoe 'n mens daarmee omgaan.

Gebruik:
• Die hantering van die saak laat veel te wense oor.

Sinoniem:
• aanwending
• bewerking
• manipulasie

Hiponiem:
• databasishantering
• datahantering
• konflikhantering
• rekenaarhantering
• taalhantering

Afgelei:
• hanteringsmeganisme
• hanteringsvermoë

Vertaling:
Engels: handling, treatment, use, application
Nederlands: hantering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
bosbewoner in Woordeboek

bosbewoner
Afbreking: bos•be•wo•ner
Samestelling: bos + bewoner

---
Selfstandige naamwoord: bosbewoner
Meervoud: bosbewoners
Verkleinwoord: bosbewonertjie
Meervoud van verkleining: bosbewonertjies

Betekenis:
• 'n Mens of dier wat in 'n bos woon.

Gebruik:
• Toorbos verken die ontworteling van 'n jong bosmeisie in die 1930's in die tyd van die laaste bosbewoners van die Knysna-bos.

Sinoniem:
• bosslaper

Vertaling:
Engels: forest dweller, forester
Nederlands: bosbewoner

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
boswerker in Woordeboek

boswerker
Afbreking: bos•wer•ker
Samestelling: bos + werker
Uitspraak: |/ˈbɔsˌvɛr.kər/

---
Selfstandige naamwoord: boswerker
Meervoud: boswerkers
Verkleinwoord: boswerkertjie
Meervoud van verkleining: boswerkertjies

Betekenis:
• Persoon wat in 'n bos werk (bome afkap en hout verkoop).

Gebruik:
• Saul was anders as die gewone boswerker en wou meer uit die lewe hê.

Sinoniem:
{{.} bosbouer

Vertaling:
Engels: forest worker, lumberjack, woodcutter
Nederlands: boswerker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
bewoner in Woordeboek

bewoner
Afbreking: be•wo•ner
Samestelling: bewoon + -er

---
Selfstandige naamwoord: bewoner
Meervoud: bewoners
Verkleinwoord: bewonertjie
Meervoud van verkleining: bewonertjies

Betekenis:
• Iets of iemand wat op 'n bepaalde plek woon.

Gebruik:
• Die Kaapse bobbejaan is 'n bewoner van rotsagtige bergklowe en steil berghellings.

Sinoniem:
• inwoner
• nedersetter
• okkupant

Hiponiem:
• aardbewoner
• bergbewoner
• boombewoner
• bosbewoner
• dalbewoner
• diepseebewoner
• dorpsbewoner
• eilandbewoner
• erfbewoner
• ghettobewoner
• grensbewoner
• grondbewoner
• hemelbewoner
• huisbewoner
• hutbewoner
• kampbewoner
• kasteelbewoner
• kleinhoewebewoner
• kloosterbewoner
• krotbewoner
• kusbewoner
• landbewoner
• lugbewoner
• maanbewoner
• marsbewoner
• oewerbewoner
• paalbewoner
• plaasbewoner
• seebewoner
• slotbewoner
• spelonkbewoner
• stadsbewoner
• steppebewoner
• strandbewoner
• voorstadbewoner
• waterbewoner
• wêreldbewoner
• woestynbewoner
• woonstelbewoner
• woudbewoner

Afgelei:
• langtermynbewoner

Vertaling:
Engels: inhabitant, occupant, resident
Nederlands: bewoner

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
kerkkoor in Woordeboek

kerkkoor
Afbreking: kerk•koor
Samestelling: kerk + koor

---
Selfstandige naamwoord: kerkkoor
Meervoud: kerkkore
Verkleinwoord: kerkkoortjie
Meervoud van verkleining: kerkkoortjies

Betekenis:
• Die koor van 'n kerk wat tydens dienste religieuse liedere sing.
• Deel van 'n kerkgebou waar die koor vir sang byeenkom; koorruimte.

Gebruik:
• Die orrelis begelei die kerkkoor.
• Die kerkkoor lê gewoonlik aan die oostelike kant van die kerkgebou.

Hiperoniem:
• koor

Vertaling:
Engels: church choir
Nederlands: kerkkoor, priesterkoor

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
bloedvergieting in Woordeboek

bloedvergieting
Afbreking: bloed•ver•gie•ting
Samestelling: bloed + vergieting

---
Selfstandige naamwoord: bloedvergieting
Meervoud: bloedvergietinge, bloedvergietings

Betekenis:
• Die bloedige verlies van lewens tydens oorloë, opstande, ens.

Gebruik:
• Ek stuur pes in die stad in en bloedvergieting op sy strate. [Esegiël 28:23]

Sinoniem:
• bloedbad
• massamoord
• slagting

Afgelei:
• bloedvergieter

Vertaling:
Engels: bloodshed
Nederlands: bloedvergieten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
voortuin in Woordeboek

voortuin
Afbreking: voor•tuin
Samestelling: voor + tuin

---
Selfstandige naamwoord: voortuin
Meervoud: voortuine
Verkleinwoord: voortuintjie
Meervoud van verkleining: voortuintjies

Betekenis:
• 'n Tuin aan die voorkant van 'n huis.

Gebruik:
• Ons plant pronkertjies in die voortuin.

Antoniem:
• agtertuin

Hiperoniem:
• tuin

Vertaling:
Engels: front garden, front yard
Nederlands: voortuin

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
agtertuin in Woordeboek

agtertuin
Afbreking: ag•ter•tuin
Samestelling: agter + tuin

---
Selfstandige naamwoord: agtertuin
Meervoud: agtertuine
Verkleinwoord: agtertuintjie
Meervoud van verkleining: agtertuintjies

Betekenis:
• 'n Tuin aan die agterkant van 'n huis.

Gebruik:
• Ons plant lelies in die voortuin en aartappels in die agtertuin.

Antoniem:
• voortuin

Hiperoniem:
• tuin

Vertaling:
Engels: back garden
Nederlands: achtertuin

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
aankomeling in Woordeboek

aankomeling
Afbreking: aan•ko•me•ling
Samestelling: aankom + -e- + -ling

---
Selfstandige naamwoord: aankomeling
Meervoud: aankomelinge
Verkleinwoord: aankomelinkie
Meervoud van verkleining: aankomelinkies

Betekenis:
• Iemand wat pas by 'n plek aangekom/gearriveer het.
• 'n Babatjie wat pas gebore is.

Gebruik:
• Die nuwe aankomelinge is hartlik in die gemeente verwelkom.
• Ons kan nie wag om die nuwe aankomeling te sien nie!

Sinoniem:
• beginner
• debutant
• groentjie
• inkomeling
• nuweling
• rekruut

Vertaling:
Engels: newcomer, fledgling, freshman
Nederlands: aankomeling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
vaatweefsel in Woordeboek

vaatweefsel
Afbreking: vaat•weef•sel
Samestelling: vaat + weefsel

---
Selfstandige naamwoord: vaatweefsel
Meervoud: vaatweefsels

Betekenis:
• Gespesialiseerde weefsel in hoër orde plante (vaatplante) wat water en voedingstowwe na ander dele van die plant lei.

Gebruik:
Vaatweefsel maak dit vir vaatplante moontlik om groter te ontwikkel as nievaatplante wat nie dié geleidende weefsels besit nie.

Vertaling:
Engels: vascular tissue, venal tissue
Nederlands: vaatweefsel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
xileem in Woordeboek

xileem
Afbreking: xi•leem

---
Selfstandige naamwoord: xileem
Meervoud:

Betekenis:
• Weefsel in plante wat soute en minerale (in 'n opwaartse rigting) van die wortels na die blare en lote vervoer.

Gebruik:
• 'Xileem is saamgestel uit nie-lewende trageale elemente.

Hiperoniem:
• geleidingsweefsel
• plantweefsel
• vaatweefsel

Verwant:
• floëem

Vertaling:
Engels: xylem
Nederlands: xyleem

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.