Supertaal
33 subscribers
463 photos
7.94K links
Kom kuier saam met ons by http://gesellig.co.za/, of raak betrokke by een van ons projekte, soos die versamel van ou e-boeke, die opstel van 'n woordeboek asook 'n volledige ensiklopedie.
Download Telegram
eerbetoon in Woordeboek

eerbetoon
Afbreking: eer•be•toon
Samestelling: eer + betoon

---
Selfstandige naamwoord: eerbetoon
Meervoud: eerbetone

Betekenis:
• 'n Blyk van dankbaarheid of verering wat aan iemand getoon word.

Gebruik:
• 'n Gedenkdiens is gereël om 'n laaste eerbetoon aan die oorledene te bring.

Sinoniem:
• eerbetuiging
• eerbewys
• ereblyk
• huldeblyk
• huldebetoon
• huldiging
• lofuiting
• tribuut

Vertaling:
Engels: homage, tribute, praise
Nederlands: eerbetoon

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
verering in Woordeboek

verering
Afbreking: ver•e•ring
Samestelling: vereer + -ing

---
Selfstandige naamwoord: verering
Meervoud: vereringe, vererings
Verkleinwoord: vererinkie
Meervoud van verkleining: vererinkies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van vereer.

Gebruik:
• Sondag is histories deur die Romeine gesien as 'n dag van verering van die son (vandaar die dag se naam).

Sinoniem:
• eerbewys
• eerbetoon
• erkenning
• huldiging
• ophemeling
• verheerliking
• wyding

Hiponiem:
• dodeverering
• duiwelsverering
• duiwelverering
• geldverering
• godeverering
• godsverering
• heiligeverering
• heldeverering
• ideeverering
• ideëverering
• keiserverering
• mammonverering
• mariaverering
• martelaarsverering
• sonverering
• sterreverering
• voorouerverering
• vroueverering

Vertaling:
Engels: devotion, worship
Nederlands: verering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
koppeling in Woordeboek

koppeling
Afbreking: kop•pe•ling
Samestelling: koppel + -ing

---
Selfstandige naamwoord: koppeling
Meervoud: koppelinge, koppelings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van koppel (om aaneen te skakel, of iets wat aaneenskakel).

Gebruik:
• Die elektriese koppeling van sonpanele kan in serie of in parallel gemaak word.

Sinoniem:
• aaneenskakeling
• binding
• paring

Antoniem:
• ontkoppeling

Hiponiem:
• aankoppeling
• afkoppeling
• borselkoppeling
• gewrigskoppeling
• inkoppeling
• inpaskoppeling
• kardan-koppeling
• keerkoppeling
• kloukoppeling
• kruiskoppeling
• lynkoppeling
• moerkoppeling
• netkoppeling
• saamkoppeling
• samekoppeling
• skarnierkoppeling
• terugkoppeling

Afkorting:
• kopp.

Vertaling:
Engels: coupling, linking
Nederlands: koppeling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
serie in Woordeboek

serie
Afbreking: se•rie

---
Selfstandige naamwoord: serie
Meervoud: series, serieë

Betekenis:
• 'n Reeks van opeenvolgende dinge.
• Twee of meer stote in biljart.

Gebruik:
• Is die stroombaan in serie of in parallel gekoppel?

Sinoniem:
• reeks
• ry
• tou

Afgelei:
• serieletters
• serienommers
• serieskakelaar
• serieskakeling
• seriestoot
• seriestroombaan

Vertaling:
Engels: series; break
Nederlands: serie

Nota:
• Van Frans, "reeks".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
biljart in Woordeboek

Biljart word gespeel.
biljart
Afbreking: bil•jart

---
Selfstandige naamwoord: biljart
Meervoud:

Betekenis:
• Binnenshuise spel deur twee spelers op 'n reghoekige tafel, met vilt bedek, waar balle in sakke aan die hoeke gestoot word.

Gebruik:
• Kom ons speel 'n potjie biljart.

Sinoniem:
• snoeker

Afgelei:
• biljartbal
• biljartbok
• biljartkamer
• biljartkampioen
• biljartkeu
• biljartlaken
• biljartsaal
• biljartsak
• biljartspeler
• biljartstok
• biljarttafel
• biljartwedstryd

Vertaling:
Engels: billiards
Nederlands: biljart

Nota:
• Moenie biljart ('n spel) met biljard ('n getal) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
reghoekig in Woordeboek

reghoekig
Afbreking: reg•hoe•kig
Samestelling: reghoek + -ig

---
Byvoeglike naamwoord: reghoekig
Vergrotende trap: reghoekiger
Oortreffende trap: reghoekigste
Attributief: reghoekige

Betekenis:
• Wat die vorm van 'n reghoek het.

Gebruik:
• Snoeker word op 'n reghoekige tafel gespeel.

Sinoniem:
• haaks
• ortogonaal
• vierkantig

Vertaling:
Engels: right-angled, square
Nederlands: reghoekig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
ortogonaal in Woordeboek

AB en CD is ortogonaal.
ortogonaal
Afbreking: or•to•go•naal

---
Byvoeglike naamwoord: ortogonaal
Attributief: ortogonale

Betekenis:
• (meetkunde) Waar die aangrensende sye regte hoeke (90°) vorm.

Gebruik:
• Die figuur se sye is ortogonaal.

Sinoniem:
• loodreg
• reghoekig

Vertaling:
Engels: orthogonal
Nederlands: orthogonaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
snybeet in Woordeboek

snybeet
Afbreking: snybeet•
Samestelling: sny + beet

---
Selfstandige naamwoord: snybeet
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Gewas waarvan die blare en stele as groente genuttig word.

Gebruik:
Snybeet kan gekook of rou geëet word.

Sinoniem:
• spinasiebeet

Vertaling:
Engels: Swiss chard, leaf beet
Nederlands: snijbiet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
beoefening in Woordeboek

beoefening
Afbreking: be•oe•fe•ning
Samestelling: beoefen + -ing

---
Selfstandige naamwoord: beoefening
Meervoud:

Betekenis:
• Die handeling van beoefen (praktiese uitvoering).

Gebruik:
• Die beoefening van sport kan 'n mens aktief en gesond hou, vandaar die spreuk: 'n Gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees.

Hiponiem:
• beroepbeoefening
• beroepsbeoefening
• kunsbeoefening
• sportbeoefening

Vertaling:
Engels: practice
Nederlands: beoefening

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
rondspeel in Woordeboek

rondspeel
Afbreking: rond•speel
Samestelling: rond + speel

---
Werkwoord: speel rond, rondspeel
Verlede tyd: het rondgespeel

Betekenis:
• Om oral oor te speel.

Gebruik:
• Hoekom is dit so lekker om rond te speel as 'n mens moet leer.
• As jy meer gewerk en minder rondgespeel het, was jy nou al klaar!

Sinoniem:
• baljaar
• gekskeer
• jakker
• kerjakker
• rondneuk
• tydmors

Vertaling:
Engels: to play around
Nederlands: rondspelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
wettigheid in Woordeboek

wettigheid
Afbreking: wet•tig•heid
Samestelling: wettig + -heid

---
Selfstandige naamwoord: wettigheid
Meervoud: wettighede

Betekenis:
• Die toestand van wettig wees.

Gebruik:
• Die wettigheid van die kontrak word in twyfel getrek.

Sinoniem:
• geldigheid
• legitimiteit
• regmatigheid
• wetlikheid

Antoniem:
• onwettigheid

Afgelei:
• grondwettigheid

Vertaling:
Engels: legality
Nederlands: wettigheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
regsgeldigheid in Woordeboek

regsgeldigheid
Afbreking: regs•gel•dig•heid
Samestelling: regsgeldig + -heid

---
Selfstandige naamwoord: regsgeldigheid
Meervoud: regsgeldighede

Betekenis:
• Die toestand van geledig wees voor die gereg.

Gebruik:
• Die regsgeldigheid van hierdie ooreenkomste word vandag betwyfel.

Sinoniem:
• legaliteit
• legitimiteit
• regskrag
• validiteit

Vertaling:
Engels: legality, legal validity
Nederlands: rechtsgeldigheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
regsgeldig in Woordeboek

regsgeldig
Afbreking: regs•gel•dig
Samestelling: reg + -s- + geldig

---
Byvoeglike naamwoord: regsgeldig
Attributief: regsgeldige

Betekenis:
• Wat geldig is voor die gereg en dus wetlik van krag is.

Gebruik:
• 'n Kontrak is 'n regsgeldige ooreenkoms.

Sinoniem:
• geregtelik
• juridies
• regmatig
• wettig
• wetmatig

Afgelei:
• regsgeldigheid

Vertaling:
Engels: legally valid
Nederlands: rechtsgeldig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
papierloos in Woordeboek

papierloos
Afbreking: pa•pier•loos
Samestelling: papier + -loos

---
Byvoeglike naamwoord: papierloos
Attributief: papierlose

Betekenis:
• Sonder papiere en dokumente.

Gebruik:
• Al die prosesse is gerekenariseer en die kantoor is nou papierloos.
• 'n Papierlose toilet is nie so 'n goeie ding nie.

Vertaling:
Engels: paperless
Nederlands: papierloos

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
rekenariseer in Woordeboek

rekenariseer
Afbreking: re•ke•na•ri•seer
Samestelling: rekenaar + -iseer

---
Werkwoord: rekenariseer
Verlede tyd: het gerekenariseer

Betekenis:
• Om met 'n rekenaar te outomatiseer.

Gebruik:
• Die proses moet gerekenariseer word.

Vertaling:
Engels: to computerise, computerize
Nederlands: geautomatiseerd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
werkvloei in Woordeboek

werkvloei
Afbreking: werk•vloei
Samestelling: werk + vloei

---
Selfstandige naamwoord: werkvloei
Meervoud: werkvloeie

Betekenis:
• 'n Vaste en herhaalbare proses waarvolgens werk ingedeel en afgehandel word.

Gebruik:
• Die werkvloei kan geoptimeer word om tyd en koste te bespaar.

Wisselvorm:
• werksvloei

Sinoniem:
• werkstroom

Afgelei:
• werkvloeidiagram

Vertaling:
Engels: workflow
Nederlands: werkstroom

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
begripsvermoë in Woordeboek

begripsvermoë
Afbreking: be•grips•ver•mo•ë
Samestelling: begrip + -s- + vermoë

---
Selfstandige naamwoord: begripsvermoë
Meervoud: begripsvermoëns

Betekenis:
• Die natuurlike aanleg of vermoë iets te verstaan.

Gebruik:
• Hoe hulle sulke onbevoegde mense kan aanstel gaan my begripsvermoë te bowe.

Sinoniem:
• bevattingsvermoë
• intelligensie
• verstand

Vertaling:
Engels: intelligence
Nederlands: begripsvermogen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
tussenstap in Woordeboek

tussenstap
Afbreking: tus•sen•stap
Samestelling: tussen + stap

---
Selfstandige naamwoord: tussenstap
Meervoud: tussenstappe
Verkleinwoord: tussenstappie
Meervoud van verkleining: tussenstappies

Betekenis:
• 'n Stap tussen ander stappe.

Gebruik:
• Die onnodige tussenstappe is uitgesny.

Sinoniem:
• fase
• oorgangsfase
• tussenstop

Vertaling:
Engels: intermediate step
Nederlands: tussenstap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
uitsny in Woordeboek

uitsny
Afbreking: uit•sny
Samestelling: uit + sny

---
Werkwoord: sny uit, uitsny
Verlede tyd: het uitgesny

Betekenis:
• Om iets deur dit te sny uit te haal.
• Om 'n deel weg te sny.
• (figuurlik) Om te verwyder.

Gebruik:
• Sy hou daarvan om prentjies uit te sny'.
• Die dokter het die kwaadaardige gewas uitgesny.
• Ons moet die onnodige stappe uitsny.

Sinoniem:
• lossny
• uitbeitel
• uitkerf
• uitknip
• uitsteek

Afgelei:
• uitsnyding
• uitsnyery
• uitsnygereedskap
• uitsnymasjien
• uitsnysaag

Vertaling:
Engels: to cut out, carve
Nederlands: uitsnijden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.