EG Kerk SA
188 subscribers
979 photos
12 videos
120 files
44 links
Amptelike Telegramkanaal van EG Kerk SA.
- Nuus
- Boodskappe
- Gemeentelike aktiwiteite

Web:
http://www.egkerk.co.za

YouTube: https://youtube.com/channel/UCd8sTGz7KIhnZYlYS93EC3Q

Facebook:
https://www.facebook.com/egkerk

E-pos:
egksamedia@gmail.com
Download Telegram
Ons vra nederig om verskoning dat ons die volgende leraars oorgeslaan het met die verjaardagwense
🙏5
🙏4
🙏3
BEKENDSTELLING: BLINK MÔRESTER SAAIERY

Tydens die Sinode van 2025, het dit duidelik geword by een van die sinodegangers dat die fondse wat deur die Sentrale Kas geïn word, onvoldoende is om al die noodsaaklike behoeftes van die groter kerk – EG Kerk, aan te spreek.

Dit het in die hart van oudl. Jaques Malan opgekom dat hy graag meer te wil doen om fondse in te samel om hierdie noodsaaklike behoeftes van die kerk aan te spreek, behoeftes wat nie deur heffings alleen gediens kan word nie.

Noodsaaklike behoeftes wat hy tydens die Sinode geïdentifiseer het, is behoeftes soos: die emeriti se mediese toelae, hulp aan studente vir studies en die verbetering van leraars se lewensgehalte.

Om hierdie doel te verwesenlik, is die gedagte gebore om na boere en sakemanne in en buite ons kerk te gaan en te hoor of hulle nie sal bereid wees om vir hierdie doel fondse te bewillig nie. Boere kan ’n gedeelte van hul lande, of vragte wat ingery word, oormerk aan die kerk en die opbrengs van sodanige lande of vragte, skenk aan die kerk. Of boere wat met lewende hawe boer kan van hul aanwas oormerk vir die kerk. Sakemanne kan ’n gedeelte van hul opbrengs/ verkope oormerk vir die kerk.

Die doel is nie om sodanige persone te beweeg om die tiendes wat hul bydra aan hul onderskeie gemeentes te neem vir hierdie doel nie, maar om bo- en behalwe hul tiendes, ’n addisionele bedrag aan die groter kerk te bewillig.

Daarom sal die opbrengs van hierdie projek, nie by die plaaslike gemeente inbetaal word nie, maar in ’n spesiale rekening by die Kerkkantoor wat vir hierdie fondse en doel geskep is.
Oudl. Jaques Malan het die PFK genader met hierdie inisiatief en het die PFK, met die goedkeuring van die Moderatuur, ’n kommissie daargestel om die doelstellings te verwesenlik. So dan is die Blink Môrester Saaiery inisiatief in die lewe geroep om al bogenoemde doelstellings te bereik. Die kommissie bestaan uit oudl. Jaques Malan, Francois Meyer, Di, Hennie Vorster, Johnrick Helm en Johnnie Gates.

Blink Môrester Saaiery is deeglik bewus van al die uitdagings wat die boerdery- en sake- gemeenskappe in die oog staar en die swaar ekonomiese uitdagings soos dieselpryse, bek-en-klou-seer, laer graan pryse en verhogings in minimum loon, om maar net ’n paar uitdagings te noem. Tog, soos hy noem in die bekendstellingsvideo, het die Here nog nooit die boer of sakeman wat ’n oop hand het vir die saak van die Here, gelos om alleen deur hierdie uitdagings te gaan nie.

Daarom vertrou ons die Here om, te midde van hierdie storms en uitdagings wat om ons woed, ons boere en besigheids mense in staat te stel om hierdie inisiatief te ondersteun, soos die Here op elkeen se hart druk.

Om meer van hierdie inisiatief te wete te kom, kan u die Youtube (https://youtube.com/@blinkmorestersaaiery?si=s6Zk9mhb7C8XLc9f ) en Facebook (https://www.facebook.com/share/18Km4pBKQa/ ) skakels volg vir meer inligting. U kan net op die skakel druk (terwyl u muis op die skakel is, druk ‘ctrl’ en ‘click’ met u muis) of dit kopieer en op u soek-enjin ‘paste’ om die video te kyk en meer inligting te bekom.
U kan ook vir Ds. Hennie Vorster (084 229 2002) of oudl. Jaques Malan (082 561 5603) direk skakel vir meer inligting.

Die bankrekening wat vir hierdie doel geopen is, is soos volg: FNB, 63201278404.

Hiermee versoek Blink Môrester Saaiery u om hierdie inligting en inisiatief in u gemeente bekend te stel en gemeentelede wat in hul hart oortuig word om hierdie inisiatief te ondersteun, van die nodige inligting en skakels te voorsien om meer te wete te kom oor die inisiatief.

By voorbaat wil die Blink Môrester Saaiery elke leraar, lidmaat, boer of sakeman bedank wat hierdie inisiatief gaan ondersteun en is dit ons gebed dat die Here u ook sal seën vir u bereidwilligheid om te help.

Groete in Christus
🙏7
🙏1
🙏4
🙏4
🙏5
🙏3
🙏5
🙏3
🙏3
LUKAS 24:50-51
[50] EN Hy het hulle uitgelei tot by Betánië. En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën.
[51] En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.

HANDELINGE 1:10-11
[10] En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle,
[11] wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.

So het Jesus se bediening hier op aarde tot vervulling gekom. Alhoewel Hy toe alreeds die hoofdoel van sy tyd op aarde volbring het, naamlik om vir ons die plek in te neem teen die vloekhout op Golgota, sou dit geen verdere doel kon dien sonder hierdie laaste afronding deur weer opgeneem te word in Sy Vaderhuis met die verdere doel om daar vir ons te gaan intree en plek voor te berei woor Hy weer gaan terug kom om ons, die wat Hom in waarheid aangeneem het as Verlosser en Saligmaker, te kom haal.

Dit staan vir ons opgeskryf in Johannes 14 waar Jesus self aan die woord is en dit as belofte van hoop en versekering aan sy dissipels bied:

JOHANNES 14:2-3, 16, 18
[2] In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.
[3] En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

'n Verdere belofte van vrede en gerustelling bied Hy ons in die Heilige Gees wat Hy vir ons agterlaat.

[16] En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:
[18] Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.

Intussen laat Hy ons agter met die eenvoudige opdrag om sy getuies hier op aarde te wees en die verlore gaande wêreld tot Sy ewigheid te bring en in 'n laaste belofte van bemagtiging en toegerustheid bevestig Hy dat ons dit nie alleen in eie krag sal hoef te doen nie maar dat dit deur die meewerking en instaatstelling van die Heilige Gees gedoen kan word:

HANDELINGE 1:8
[8] maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

MATTHÉÜS 28:19
[19] Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Hiermee wil ons vir elke lidmaat en vriend 'n geseënde Hemelvaartdag toewens
🙏5
😢4🙏3
🙏4