C3A Mark en Produkte
118 subscribers
64 photos
6 videos
17 files
21 links
CCCA Registered Projects
Download Telegram
Kyk hoe kaal vreet die slakke die plante wat as voeding geplant was.
VID-20211013-WA0012.mp4
14.7 MB
44 ploughs pulled by one steam enjin. Video from Louis Gerber
VID-20211129-WA0006.mp4
4 MB
Kuilvoer met 'n groot verskil. Video from Louis Gerber
VID-20211130-WA0005.mp4
12.6 MB
Kuilvoer met beter stoor en herverbruik. Video from Louis Gerber
Channel name was changed to «C3A Mark en Produkte»
Die Nasionale mark waar produsente hulle produkte kan bemark ‼️
Forwarded from Cornelia Louw
https://t.me/+EDflkcmiwGtiNDc0 Hiermee die skakel na die Offisiële LANDBOU UNIE AFRIKA kanaal vir verspreiding aan enige ander persone om die nodige inligting te kan bekom vir deelname.
Forwarded from Hannelie Combrinck
Goeie dag
Ons maak suiwel produkte op Klein skaal. Tot dusver kon ons nie groter gaan as net die mense wat rondom ons woon nie. Vader het egter nou vir ons Meer koeie laat kalf en vir ons twee afset gebiede voorsien wat ons produk kan verkoop. Ons dank Hom daarvoor. Ons staan egter nou met probleem. Ons het tot dusver Klein hoeveelhede bestandele aan gekoop wat Baie Baie duurder is as groot maat, want ons mark en melk was Klein en min. Nou kan ons groot maat aankoop en ongelooflik Baie spaar en Dus beter wins maak. Maar.......die geld wolf vang ons. Dit gaan ons R5600 kos om eerste groot maat bestandele aan te koop. Ons het dit nie! Kan iemand ons dalk iewers help asb asb asb. Omdat ons Meer gaan verkoop en beter wins maak, kan ons R1000 per maand terug betaal. Banke help net mense met salaris strokies. Kontak ons asb as iemand kan help. En as jy Wil van ons produkte verkoop en ekstra geldjie Wil verdien, kontak ons ook.
Johann Combrinck tel 0824109349
Of
Hannelie Combrinck
Tel 0826259553
Ons is albei op Telegram en Whats App
Baie dankie
C3A Mark en Produkte
Goeie dag Ons maak suiwel produkte op Klein skaal. Tot dusver kon ons nie groter gaan as net die mense wat rondom ons woon nie. Vader het egter nou vir ons Meer koeie laat kalf en vir ons twee afset gebiede voorsien wat ons produk kan verkoop. Ons dank Hom…
Welkom aan AL die nuwe lede, plaas asb julle produkte se foto's en verkoop pryse sodat indikasies verkry kan word deur verbruikers, meld ook die area vanwaar julle werk.

Daar sal eersdaags projek plan raamwerk beskikbaar gestel word sodat aansoek vir befondsing ingehandig kan word.

Alle geregistreerde produsente, produk en diens verskaffers sal slegs R100 per jaar betaal vir die elektroniese platform waar jy Dan jou aansoek en sake planne kan oplaai vir evaluasies en goedkeuring vir rente vrye lenings. Blessings en laat die inligting rol. 👍👍
GESOEK: Ek is op soek na houtsaagsels om te koop in die Noord-Wes Distrik. Kontak my asb by: 0828018525 - Piet Louw
Hierdie is n nuwe produk wat groot potensiaal inhou. 👆
Forwarded from Cornelia Louw
KENNISGEWING: 3/5/2022🌹 Liewe vriende,
Wat ‘n voorreg om hierdie reis die afgelope paar jaar saam met u te kon meemaak en vriendskappe te kon smee. Voorwaar ‘n reis waaroor boekdele geskryf kan word!
Weens verskeie redes en ook omstandighede het ons in die laaste tyd nie gereelde kontak met u gehad nie en is dit dus verstaanbaar dat u moontlik mismoedig, teleurgestel of onseker kan wees.
Ons wil weereens ons direksie aan u bekend stel nl: Ons Hoof Uitvoerende Beampte- Louis Gerber, Emmanuel Sequeira, Gert Greyvensteyn, Andie van der Walt en Cornelia Louw, wat met toegewydheid aan hierdie saak werk en deur ons Vader uitverkies vir hierdie doel juis om hierdie saak te dien.
As direksie was ons blootgestel aan die baie uitdagings wat oorkom moes word en het ons ook voor finansiele en liggaamlike uitdagings te staan gekom. Tans beleef ons eerstehands die aanslag op ons Hoof Uitvoerende Beampte - Louis Gerber se gesondheid en al die ongerief wat hy verduur. Kan ons u vra om asseblief aan hom te dink in u gebede?
Die finansiële landskap is nou drasties besig om te verander. Die goeie nuus is egter dat ons steeds op koers is en ook gefokus en meer toegewyd as ooit vantevore om ons doelwit te bereik om hierdie fiansiering van ons produsente ‘n werklikheid te maak. Ons wil elkeen van u verseker dat ons direkteure ten volle gereed en bekwaam is om enige situasie te hanteer wat ons kant toe mag kom. Ons besigheidsmodel is drasties opgeskerp en groot verandering is gemaak om dit meer doeltreffend te maak en ons model is meer solied as ooit tevore.
Hiermee gee ons u die versekering dat ons u steeds met waardigheid, eerlikheid, toegewydheid en passie sal dien.
Ons glo ons is nou in die laaste pylvlak en dat die eindstreep nou in sig is. Ons deurbraak is hier!
Seëninge word u toegewens.
DIREKTEURE
C3A-NPC 🌹
Forwarded from Cornelia Louw
Goeie vriende – Ons vriende,💐
Dis met groot hartseer en groot pyn dat ons u moet meedeel van die afsterwe van ons geliefde vriend en misionêre leier. ‘n Merkwaardige man wat uitgestaan het in die samelewing – ons uitvoerende hoof beampte LOUIS GERBER. Ons eer sy nalatenskap. Ons sal u later inlig oor die begrafnis reëlings. Bid asb vir ons as direkteure, familie en ook sy vriende. Van die C3A span:
Cornelia Louw, Gert Greyvensteyn, Emmanuel Sequeira, Andie van der Walt en Wayne Meintjes. 💐💐💐💐 Dear Friends – Our Friends,💐
It is with a heart full of sorrow and intense hurt that we need to inform you of the passing of a magnificent man and missionary, a seer of great things and servant of God - Our great friend and CEO of C3A - LOUIS GERBER. We honour his legacy. We will inform you on a later stage of any arrangements on his funeral. Please remember our directors, his family and friends in your prayers. From the C3A-team:
Cornelia Louw, Gert Greyvensteyn, Emmanuel Sequeira, Andie van der Walt en Wayne Meintjes.
Forwarded from Cornelia Louw
Goeie middag
Louis Gerber se ere diens vind plaas op 6 Junie Om 11:00vm.
SDA Kerk Mountain View
628 Ivor Straat
Pta

Bevestig asb voor of op die laaste 3de Junie die saterdag,
Sodat ons getalle Kan bevestig met reelings.

Vir Enige navrae, is julle welkom Om my te kontak
Ferdi 0749384522
Forwarded from Cornelia Louw
KENNISGEWING: 11/9/2023 🚜🚜🚜
Die wêreld is tans vining besig om te verander en die oue moet begin plek maak vir die nuwe. Dit beteken dat nuwe metodes vir volhoubare voedsel sekuriteit, groter gemeenskapsbetrokkenheid om gesonder gemeenskappe te kan bou, by ons produsente bekendgestel moet word en die nodige opleiding daarvoor, ook verskaf moet word. 🌽🥑🥒🌶 Met die oog op die groot veranderings wat ons nou in die oog staar en ook in die nabye toekoms gaan plaasvind nooi ons u dus om telefonies in te skakel by ‘n INLIGTINGS VERGADERING VIR PRODUSENTE – via TELEGRAM, OP 13 September 2023 om 18h30 die aand, waar belangrike inligting aan ons produsente oorgedra sal word, ter voorbereiding om by die ‘NUWE’ te kan inskakel. 📢
Hierdie oproep sal in Afrikaans hanteer word en daar sal ook geleentheid gegee word vir vrae rondom hierdie onderwerp na die aanbieding.
Hieronder die skakel na die groep om by die oproep te kan inskakel, asook verdere verspreiding na ander produsente wat mag belangstel 🍉🫑🥒🐓🐂
https://t.me/+GfW_UYpms3dal0UD
Forwarded from Cornelia Louw
🚨Please note that GERT GREYVENSTEYN's telegram has been hacked! Please be aware of scammers trying to communicate and using his name, profile and even phone number🚨 🚨🚨🚨