Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
1.42K subscribers
175 photos
15 videos
468 files
209 links
Download Telegram
Geagte Matriek 2020 ouer, U is welkom om u dogter te vergesel om haar Matriekuitslae te ontvang. U word egter versoek om na die SS te beweeg. Covid protokol word gevolg en sitplek word daar ingeneem.
Die Bloubandkonsert van Woensdag 24 Februarie word gelivestream. Die skakel sal 8:15 beskikbaar wees op die D6 & Telegram.
Afrikaanse Hoër Meisieskool skitter vanjaar weereens met uitstekende matriekuitslae! Ons behaal ‘n 100% slaagsyfer. 221 leerlinge behaal 677 onderskeidings, 3,1 onderskeidings per leerling.
Die groep spog met ‘n graadgemiddeld van 75,26%
99,02% slaag met Universiteitstoelating
71 leerders slaag met ‘n gemiddeld van bo 80%

Die skool se Top 10 kandidate is:
1. Emma van Tonder 92,86%
2. Ariana Eybers 92,57%
3. Stephanie van Rooy 91,57%
4. Mikyala Steenkamp 91,29%
5. Abigail Tollig 91,29%
6. Annemie du Plooy 90,86%
7. Lizl Niemand 90,86%
8. Charné Scholtz 89,86%
9. Aritha Kotze 89,57%
10. Janke Roesch 89.57%
Drie leerlinge behaal 8 A’s:
Abigail Tollig
Annemie du Plooy
Charné Scholtz
16 Leerlinge behaal 7 A’s:
Emma van Tonder
Ariana Eybers
Stephanie van Rooy
Mikyala Steenkamp
Lizl Niemand
Aritha Kotze
Janke Roesch
Kara le Roux
Demi Vermaak
Nadia Kleyn
Zoë Nel
Amé Kloppers
Kayla van Niekerk
Lu-Line van Aardt
Anjulé van der Merwe
Moné Potgieter Baie geluk aan die matrieks van 2020 met julle uitstekende uitslae!
Toetsrooster 1e kw aan ouers 2021N.pdf
103.3 KB
Neem asseblief kennis van die veranderde Toetsrooster.
Die mediasentrum is weer gedurende skooltyd oop vir gebruik. (Boeke uitneem, fotostate, rekenaars ens) Die gebruik van die mediasentrum is onderhewig aan COVID regulasies.
BEELD skool inligting.
NEEM KENNIS, VANAF MAANDAG 1 MAART KEER ALLE GRADE TERUG SKOOL TOE. DAGROOSTER 6 SAL OP MAANDAG GEVOLG WORD.
BL VERKIESING 26 MAART 2021
Geagte ouers, volgens die direktiewe ontvang vanaf die DBO op 12 Februarie 2021 kan ons alle grade daagliks terug ontvang, mits ons aan alle vereistes van die standaard operasionele prosedures voldoen. Die rooster vir alle grade is in lyn hiermee opgestel, klasse is verklein. Die Voorsitter van die BL en die Hoof is van mening dat ons gereed is om vanaf 1 Maart 2021(Dag 6) alle grade terug te ontvang. Die grootste kommer is sosiale afstand, afsonderlike pouses word geskeduleer, Gr 8&9 verdaag daagliks 13:50, Gr 10-12 om 14:00. Soggens gebruik Gr 8&9 die kleinhekkie en Gr 10-12 die saalhek vir toegang en beweeg dadelik na voogklasse. Bg is onderhewig aan bekragtiging deur die distrik. Voldoening aan sosiale afstand is essensieel, en die dogters MOET HIERAAN VOLDOEN. Groete. M. Jordaan(Hoof)