Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
1.43K subscribers
184 photos
15 videos
469 files
212 links
Download Telegram
SKM_Recepti21020915210.pdf
386 KB
Geagte ouers, verwys asb na die aangehegte skrywe deur die Hoof.
Graad 9 VLR- verkiesing

Die tweede proef-stembrief word vanoggend per Whatsapp en op die D6 Kommunikeerder aan leerders uitgestuur teen 9.30.
ALMAL se name wat op die stembrief verskyn, MOET asb (weer) reageer na 079 5151 755 voor 11:00. Enige foute moet asb ook aangemeld word by dieselfde nommer.
Sodra die proses afgehandel is , kan ons stem.
Die skakel vir die VLR verkiesing maak vandag 12:00 oop en sluit 14:00.

Dogters moet asb die volgende stappe volg:

1. Gaan in op aanlyn.ahmp.co.za
2. Klik op VLR- verkiesing
3. Sleutel jou ID-nommer in
4. Pinkode: 8430
5. Klik op 'Teken aan'
6. Klik op 'Stem vir Graad 9'
7. Klik in die middel van die foto's om te stem. Jy mag vir 20 of MINDER stem.
8. Jy kan op 'Hersien Graad 9’ klik as jy 'n stem wil verander. Klik net weer op haar foto om die stem te verwyder.
9. Klik op 'Klaar' links van die bladsy om jou stem uit te bring.

Indien jy enige probleme ondervind, kontak asb 060 985 7860 (IT- kantoor Whatsapp-lyn.)
Hiermee Seunshoër se Valentynsboodskap aan die dogters - https://youtu.be/_1I99MLaOTI
MAANDAG 15 FEB:
Leerders wat voor 6:45 afgelaai word, wag in die studielokaal bo Vincent’s tot 6:45.
Skool kom 14:00 uit
Juf Jordaan se boodskap 15 Feb 2021.pdf
169.5 KB
Lees gerus Juf Jordaan se mooi boodskap wat sy vandag tydens Opening met die Affies gedeel het.
DE BEERS ENGLISH OLYMPIAD: 2021

This is my story

We will start our practice sessions on Monday: 22 February, from 14h00 till 15h00 in room 16.

Please collect your reading material from Mrs PC in Room 16.
Ranglys soos op 16 Februarie 2021.xlsx
71 KB
1ste Tennis Ranglys van 2021. Die ranglys verskyn weekliks.
Die werkgroepie sorteer die weeklikse skool verjaarsdae uit! Sterkte julle.
Liewe ouers en atlete. Hiermee die inligting rakende ons interhuis van 2021. DIt vind plaas eerskomende Saterdag te AHS.
Sluitkassies beskikbaar by die skool – alle grade (Gr8 ingesluit)
R200-00 vir die hele jaar
Vorms en betalings by Marlien by die klerewinkel
Flinke debatteerders

Drie Affies Minè Hermann, Megan Kruger en Kristie Güldenpfennig het verlede jaar weer eens met hul ‘vlymskerp tonge’ lekker geredeneer tydens die jaarlikse Dink- of -Sink-debatskompetisie. Hulle is as die land se beste senior debatspan by diè Dink-of-Sink- virtuele debatfees aangewys. Die doel van die virtuele debatskompetisie is om leerders steeds die geleentheid te gee om aan debatvoering deel te neem nieteenstaande die ontwrigting wat Covid-19 te weeg gebring het.

Hulle moes sterk standpunt inneem oor die sukses of die mislukking van aanlyn onderrig in die land — ’n debat wat hulle gewen het en sodoende as die wenners van die senior afdeling gekroon is. Dié kompetisie word jaarliks deur AfriForum aangebied.
Covid Regulasie Form.pdf
172.8 KB
Die Matrieks van 2020 se Simbolestate sal Dinsdag, 23 Februarie 2021, vanaf 8:00 - 10:00
by die skool beskikbaar wees.
1. Oud-Matrikulante word versoek om die aangehegte Covid-protokolvorm in te vul én saam te bring om toegang tot die skoolterrein te vergemaklik. Temperatuur sal by die hek geneem word.
2. Alle Covid-protokol regulasies moet streng nagekom word.
3.As gevolg van die nasionale inperkingsregulasies word geen familie of vriende op die skoolterrein toegelaat nie.
4.Indien ‘n oud-matrikulant nie self haar uitslag kan kom afhaal nie, kan een ouer die skoolterrein betree.
5.Simbolestate sal vanaf 8:00 tot 10:00 op die stoep van die Louisa Venter Studente-sentrum beskikbaar wees.
6.Bring asseblief jou eie pen saam om te teken vir die ontvangs van die Simbolestaat.
AHMP-Huisgala: 22 Februarie 2021

Die AHMP- Huisgala vind op Maandag 22 Februarie 2021 gedurende skooltyd plaas.

Opwarming vind reeds vanaf 7:15 plaas. Die gala sal amptelik om 08:00 open.

Slegs swemmers wat vir die gala ingeskryf het, sal toegelaat word. GEEN TOESKOUERS NIE! Alle leerders bly tot einde van die gala, dan kan ouers hulle kom oplaai.

Toegang word deur die hek by die swembad in Bondstraat verkry. Swemmers moet hulle QR-kaarte saambring, aangesien skandering sal plaasvind. Sanitering asook die meting van temperatuur sal streng volgens Covid-19 reëls geld. Sosiale afstand moet ten alle tye op die pawiljoen gehandhaaf word en die dra van maskers is verpligtend.

Onthou asseblief die volgende: sonbrandmiddel, hoed, voldoende handdoeke, drinkgoed(water) en eetgoed. Dra die sportbroek en t-hemp of die swemrokkie.
Swemmers moet in ‘n vol swembroek geklee wees en die dra van ‘n swempet is verpligtend. Dit is baie belangrik dat swemmers hulle swembroeke alreeds met hulle aankoms moet aanhê, aangesien badkamerspasie baie beperk is.
Vincent’s sal ‘n stalletjie met verversings beskikbaar hê.
Navrae kan gerig word aan: Me Bloem, K 64 of by swem@ahmp.co.za
Redenaarsuitdunne
Maandag, 1 Maart: Redenaarsuitdunne vir alle NUWE graad 12,11 en 9- leerders.
Dinsdag, 2 Maart: Redenaarsuitdunne vir alle NUWE graad 10- leerders en alle graad 8- leerders wat nie verlede jaar by die graad 7 -uitdunne kon wees nie.

Meld na skool (14:00) op die gegewe datums aan by kamer 78 waar die uitdunne sal plaasvind. Jy hoef slegs `n pen saam te bring. Die uitdunne geskied onvoorbereid, maar beide die voorbereide en onvoorbereide sprekers word uit hierdie uitdunne gekies.
Skietlyste sal vanaf Maandag, 22 Februarie op die kennisgewingbord buite kamer 2 wees.
Verdere navrae per e-pos aan me. Dannhauser (erica.dannhauser@ahmp.co.za)
Die finale redenaarspanne sal na afloop van hierdie uitdunne bekendgemaak word.
AFFIE ATLETIEK

Baie geluk aan die volgende dogters wat trofees gewen het by AHMP en AHS se interhuis, wat Saterdag plaasgevind het onder streng COVID 19 regulasies en sonder toeskouers.

Beste naellope: Anje Nel
Beste spronge: Joané Gerber
Beste hekkies: Anje Nel
Beste worpe: Buhle Bam
Beste middelafstande: Emma Bieseman.

Beste veldatleet: Helen Wessels
Beste baanatleet: Anje Nel

Junior Victrix: Bianca Bezuidenhoudt
Senior Victrox: Anje Nel

Volledige uitslae sal Maandag op die atletiekbord wees.