Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
1.42K subscribers
175 photos
15 videos
468 files
209 links
Download Telegram
Geagte Ouer/Voog

Hiermee nooi ons u uit na die jaarlikse algemene ouervergadering. Vanjaar gaan dit plaasvind deur middel van Zoom.
Registreer asseblief met die skakel voor 4 November 2020 om 12:00 sodat u kan geverifieer word vir die vergadering. (Sleg geverifieerde lede mag die vergadering bywoon)
U sal nadat u geverifieer word ʼn e-pos ontvang met die skakel wat u 4 November om 18:00 kan gebruik om aan te teken.
By voorbaat dankie vir u teenwoordigheid.
https://zoom.us/webinar/register/WN_ba97FCHCSKqH-zsSGYW7bg
Gr 12 Affie Charlize Eilerd is deel van die Olimpiese Spele vir Tokyo 2021 se 'preparation' squad. Geluk Charlize ons is trots op jou!
Swemkapteine vir 2021 is: Suzette Wessels - hoof kaptein en die twee onder kapteine is: Emma Battheu & Netanya Robberts. Sterkte vir die nuwe jaar hoop julle het 'n uitstekende seisoen.
Baie geluk aan die nuwe koor bestuur van die Blou Engele vir 2021: Voor: Mia Brynard, Tineke Wilcocks (voorsitter) en Yvonne Lord.
Middel: Karla Lucas en Liandré Greyling. Agter
Lumé de Beer (onder voorsitter)
Toestemmingsbrief Toetsreeks November 2020.docx
23.9 KB
Graad 8 - November 2020 Toetsreeks

Ouers neem asseblief kennis dat daar vandag ‘n toestemmingsbrief aan elke graad 8 leerder uitgedeel is. Die voltooide toestemmingsbrief moet Maandag by elke voogjuffrou ingehandig word. Die toestemmingsbrief is onder Bronne – graad 8 geplaas.
Ons wens elke dogter baie sterkte toe met die toetsreeks. Die personeel en dogters het werklik baie hard gewerk vanaf Augustus maand en ons vertrou dat die dogters ‘n werkbare hersieningsrooster in plek het. Kontak me Maggie du Plessis (Graadhoof) indien daar enige onduidelikheid bestaan.
Baie geluk aan die nuut verkose Atletiek & Landloop kapteine vir 2021
Atletiek:
Kapteine Buhle Bam
O/kapteine Bea Mari Werner en Nicci Oosthuizen
Landloop:
Kapteine Rene Geyser
O/kapteine Suzanne Swart
Affies hierdie is die skool se 1ste liefdadigheidsprojek vir die jaar - ondersteun asseblief!
Ons borg Westvaal Menlyn - nuwe aanbiedinge gaan kyk gerus.
GRAAD 8 & 9-TOETSREEKS VANAF 12 NOVEMBERSkandering vind tot 7:20 plaas. Dogters gaan direk na die lokale waar hulle skryf.
Ons herinner ouers dat daar wel studeieruimtes en toesig beskikbaar is vir dogters nie direk na afloop van die toets kan huis toe gaan nie. Dit is beter dat sy veilig hier kan studeer indien daar nie tuis toesig is nie.
AHMP het met leedwese verneem dat een van ons voormalige adjunkhoofde, mev Irma Boardman oorlede is. Sy was 35 jaar lank as personeellid by die skool en adjunkhoof van 1975 tot 1985. Sy was geliefd onder die leerlinge en personeel en bekend vir haar toewyding en goeie menseverhoudinge.
Ons bestuig ons medelye aan haar naasbestaandes en eer haar nagedagtenis.
Belangrike inligting: Sluitkassies Alle leerders wat in 2020 sluitkassies gehuur het, moet die sluitkassies onmiddellik ontruim.
Maandag 16 November 2020 sal die slotte verwyder word en die inhoud verwyder word.

Sluitkassies 2021 – R200
Matriekulante van 2021 kan nou al begin huur by Tannie Marlien in die Klerewinkel.
gr 8 vakkeuse vir 2021.pdf
198.7 KB
Neem kennis dat die graad 8-leerlinge vandag 'n vraelys ontvang het rakende vakkeuses en belangstellings met die oog op 2021. Dit MOET asseblief Vrydag 13 November ingehandig word.
Gr 8 & 9 INTERVENSIEKLASSE: Op die toetsrooster is intervensieklasse vir gr 8 & 9's aangedui vir Vrydag 20 November, asook vanaf 27/11 tot 4/12.
Vir 20/11 sal slegs individuele dogters genooi word met die oog op die week daarna se vraestelle.
Vanaf 27/11 sal dogters ook soos nodig geïdentifiseer en dienooreenkomstig in kennis gestel word. Die fokus sal wees om leemtes in vakkennis en vaardighede aan te spreek ter voorbereiding van 2021. Bywoning van daardie intervensieklasse is verpligtend.
Die senior en junior uitdunne vir 2021 se ATKV-debatspanne vind op Donderdag 26 November om 13:00 in K2 plaas. Wees asb. daar as jy belangstel. Bring asb. 'n pen en papier saam.
Aanlyn inskrywingsvorm vir die huisgala, 1 Februarie 2021, is by die volgende skakel https://bit.ly/3ksYLGW beskikbaar.
Die huisgala dien as proewe vir die verkiesing van die swemspanne vir 2021.
Keerdatum: 15 Desember 2020.

Navrae: L Bloem
swem@ahmp.co.za
Leila du Plessis in Gr 8 het die afgelope week Afrikaanse Hoër Meisieskool en Suid-Afrika verteenwoordig by ISIF (International Science and Invention Fair), georganiseer deur IYSA (Indonesian Young Scientist Association) ‘n lid van MILSET. Leila het goud verower vir haar projek getiteld “Afvalplastiek vat die pad” wat fokus op die vervanging van Bitumen met afvalplastiek in die bou van ons paaie. Leila het in 2019 gekwalifiseer vir hierdie international deelname toe sy ook goud verwerf het by die North Gauteng Science Fair en SAYESS aangebied deur iMbewu Science Foundation.