Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
1.54K subscribers
389 photos
17 videos
513 files
236 links
Download Telegram
Ons is dringend opsoek na ‘n saamrygeleentheid vir 'n dogter drie oggende ‘n week. Hulle bly in Waterkloof Rif, Rooiribbok straat. Kontak bemarker@ahmp.co.za
Weens 'n tegniese probleem, werk die koshuis se uitteken proses tans nie. Jammer vir die ongerief. Ons stel u in kennis sodra die probleem herstel is.
BEHEERLIGGAAM: NUWE AMPSDRAERS
Op die pas afgelope Beheerliggaamsvergadering is nuwe ampsdraers verkies soos voorgeskryf deur Departementele Beleid.
Baie geluk aan die volgende persone:
Voorsitter – Mnr Ocker Botha
Ondervoorsitter: Mnr John Jones
Tesourier: Mnr Appie Pienaar (herverkies)
Sekretaresse: Mev Marianne Driescher (herverkies)
Ons opregte dank gaan dan ook aan Advokaat Albert Lamey wat as voorsitter uitgetree het, aangesien sy dogter verlede jaar in matriek was.
Geagte Ouers
Die koshuis uitteken sisteem is herstel. Baie dankie vir u geduld.
KLOKTYE 9 - 13 Maart: 9 + 13 Mrt 13:45 en 10, 11 en 12 Maart 14:00.
Info brief Potch 2020.pdf
436.4 KB
Hokkie inligtingstukke vir die week van 9 - 13 Maart.
Noordheuwel 10 Maart 2020.pdf
468.1 KB
Hokkie inligtingstuk vir 10 Maart na Noordheuwel.
Geagte Ouers en Leerders

Neem asseblief kennis dat die AHMP Aanlynwinkel vanaf 22:00-8:00 nie beskikbaar gaan wees nie.

Koshuis uittekenproses is nie geaffekteer nie.

Lekker dag
Neem kennis dat die klerewinkel vandag om 15:00 sluit.
VRYDAG, 20 MAART, IS 'N VERPLIGTE SKOOLDAG. VRAESTEL 3 (AFRIKAANS EN ENGELS) WORD DAN GESKRYF. GEEN VERSKONINGS WORD AANVAAR NIE. DIE DATUMS IS IN DIE SKOOLDAGBOEK P80 GEPUBLISEER.
REGLEMENT FINAAL 2020.pdf
427.4 KB
Reglement vir die TOEKENNING VAN KLEURE EN EREKLEURE:
AKADEMIE, KULTUUR EN SPORT 2020
Pa en dogter dag.docx
603.4 KB
Pa - en dogterfunksie. Kom maak nog herinneringe bymekaar. Affies het 'n nuwe tradisie begin. In plaas van 'n rugbydag hou ons vanjaar 'n 'musiekdag' vir pa's en dogters by die Rockwood Teater. Sien aangehegte inligting.
Koop jou kaartjie nou!
KLOKTYE WEEK 16 - 20 MAART: 16de 13:45, 17, 18 en 19de 14:00, 20ste 11:00.
Orators Maart 2020.pdf
232.4 KB
VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES- UITSLAE

Op 10,11 en 12 Maart het die Affie- Redenaars en Affie Public Speakers, deelgeneem aan die Van Huyssteens Oratorsfees.
Die volgende individuele sprekers en spanne, dring deur na die Van Huyssteens Finaal, wat gehou word op Maandag 16 Maart 2020, te Waterkloof.
Ons hou styf duimvas vir elkeen van ons sprekers en spanne Sien aangehegte skrywe.
Geagte Ouers, Op Maandag 16 Maart sal u 'n volledige brief wat handel oor die covid-19 virus en die skool se hantering daarvan ontvang. Dogters wat tans hoë koors het en baie hoes of ander van die simptone presenteer, moet asb tuis gehou word indien daar gewag word op bloedtoets-uitslae. Hou die skool ingelig.
In die interim kom almal skool toe soos gewoonlik. Baie dankie dat u kalm bly sodat ons die situasie kalm en rustig kan bestuur
Ons poog om sanitizers in die hande te kry vir die skool en koshuis. Dit is 'n uitdaging. Indien u ons daarmee kan help, sal ons dit hoog op prys stel.
Geagte ouers. Daar is geen rede vir paniek nie. Die skool het alles onder beheer en implementeer die beste veiligheidsmaatreëls tov COVID-19. Leerders en personeel met griepsimptome word huistoe gestuur. Moet asb nie leerders kom afhaal alvorens ons u sodanig versoek nie. U ontvang later vandag volledige riglyne. Groete. Die Hoof.
DONDERDAG 19 MAART: Die BL-tussenverkiesing word uitgestel tot verdere kennisgewing.
Geagte Ouers. Sien asb 'n dringende skrywe op die D6 kommunikeerder onder "Bronne" "Algemeen" rakende reëlings mbt die COVID-19 virus. Dankie